
SA motoriste gevra om voertuie vir feestyd gereed te kry
Loading player...
Die Padverkeerbestuurskorporasie in Suid Afrika doen 'n beroep op motoriste om vir die feestyd voor te berei deur te verseker dat hul voertuie padwaardig is en alle lisensies geldig is. Meer as 2,2-miljoen voertuiglisensieskyfies verval in November en Desember, waarvan Gauteng die grootste deel verteenwoordig met meer as 851-duisend lisensies. Simon Zwane van die korporasie raai bestuurders aan om hul voertuie na te gaan, moegheid en alkohol te vermy, spoedbeperkings te eerbiedig en te verseker dat almal veiligheidsgordels dra:

