
BoN verhoog repokoers tot 7% te midde van inflasiedruk
Loading player...
Die Bank van Namibië het die repokoers met 25 basispunte tot 7 persent verhoog. Die besluit kom te midde van swak binnelandse ekonomiese aktiwiteit, toenemende inflasiedruk, ’n groeiende handelstekort en die risiko’s wat bek-en-klouseer vir die ekonomie inhou. Die sentrale bank se president, Ebson Uanguta, verduidelik die redes agter die besluit.

