Jou Mense My Mense 17 Julie.

--:--
#JouMenseMyMense – Amanda van Tonder – 17 Julie 2018

Dis terug skool toe vandag vir meeste van ons land se kinders en terwyl sommiges sug - nie lus vir opstaan in hierdie koue nie - is ander opgewonde om dalk vir die eerste keer in ‘n omgewing te kan leer wat vir hulle unieke en spesiale behoeftes aangepas is…

Amanda van Tonder wou vandat sy kan onthou ‘n onderwyseres wees, maar toe sy matrikuleer in 1993 was daar min tersiêre instellings wat voorsiening gemaak het vir persone met gestremdhede. Dit was eintlik ondenkbaar vir iemand soos sy met cerebral palsy om ‘n onderwyseres te word! Daar was een instansie wat gesien is ‘n fasiliteit met die minste inspanning, maar die enigste kursus vir haar was om sekretaresse te word. Daarna het sy vir 13 jaar in kliënte-sorg gewerk, verkope gedoen en ‘n winkel- en ook call centre bestuur voor sy uiteindelik op 40 besef het – ‘n mens hoef nie op jou voete te staan om ‘n onderwyser te wees nie! Sy het haar onderwys-studies deur UNISA begin en nou op 43 leef sy haar droom op ‘n besonderse manier!

Sy het “Today’s Achievers” begin wat ‘n tuisonderrigprogram gebruik om Graad 4 tot 8 leerders met fisiese, maar ook leeruitdagings te akkommodeer in ‘n gemaklike leeromgewing waar elke unieke kind teen sy eie tempo en vermoë kan vorder. Sy beklemtoon individuele aandag en een op een sessies, want kinders is nie dieselfde nie, maar elkeen moet gehelp word om hulle potensiaal te verwesenlik! Omdat Amanda self nie trappe kan klim nie, moes sy ‘n sentrum soek wat ruim genoeg is en toeganklik vir haar eie en ook haar leerders se rolstoele. En so tussen hakkies - sy vra nie vir spesiale behandeling vir persone met gestremdhede nie, net fasiliteite wat gepas is en respek. Die beperkings van iemand se fisiese liggaam is nie ‘n weerspieëling van hulle verstandelike vermoë nie!

En net nog so ‘n stukkie mooi... Toe Amanda die dag ons storie van Divinette Streicher hoor, die 10 jarige dogtertjie wie se blindederm gebars het, maande in
17 Jul 2018 6AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

Alzheimers SA

Jennifer Myburgh het met Marlene Freislich Hoof uitvoerende beampte van Alzheimers SA gesels oor Dimensie.
18 May 2023 9AM 17 min

FinFix Wenner

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
1 Sep 2022 7AM 7 min

Zander van der Westhuizen gesels met Jenna-Leigh Bilong oor vrouwees

Zander van der Westhuizen gesels met Jenna-Leigh Bilong oor vrouwees, die bediening en haar getuienis van “goedheid en guns”. Jenna-Leigh is bekend as radio persoonlikheid, televisie-nuusleser en nuwe aanbieder van die Die Groot Ontbyt. Luister gerus hoe sy vertel van haar rol as pastoor, ma, aanbieder, skrywer en sanger. Die…
15 Aug 2022 1AM 25 min

GrootPoot met Sonet - 9 Julie 2022 - Dr Yolandi Rautenbach

In GROOTpoot gesels ons met Dr Yolandi Rautenbach, senior lektor in patologie by die Onderstepoort Veearts-fakulteit en hoof van die Onderstepoort Bloedbank. Luister hier om meer uit te vind oor die onderskeie bloedgroepe in diere, en hoe jou troeteldier kan kwalifiseer om ‘n skenker te word.
9 Jul 2022 2AM 14 min