#JouMenseMyMense – 13 November 2018 – Die Feldman-gesin

--:--
Baie van ons se blootstelling aan die oorweldigende hoeveelheid plaasaanvalle, is dit wat ons lees op die lamppale of die swart en wit skokkende feite van ‘n koue kliniese nuusberig of bulletin.
Feite soos Robbie (56), sy vrou Hester (52) en hulle 16 jarige seun, Frikkie wat geslaap het toe vier gewapende aanvallers hulle 2 uur op die oggend van 11 Oktober 2018 oorval het. Robbie kan nie onthou wat gebeur het nie, maar die berigte wat hy lees vertel daar was ‘n gestoei, skote is afgevuur, vermoedelik deur een van die aanvallers en een van die rowers is in die bors getref en later dood langs waar Robbie gelê na hy met ‘n yster oor die kop geslaan is en sy oor afgeskeur is. Hester en Frikkie, is met skoenveters vasgebind en herhaaldelik geskop en geslaan. Die oorblywende rowers het die huis geplunder en toe te voet gevlug met onder andere skootrekenaars, selfone en al Robbie se pensioengeld na hy onlangs geretrench is. ‘n Huurder op die paas het 04:00 van nagskof teruggekeer, hulle daar vasgebind gevind en hulp ontbied. Robbie is per ambulans na die George Mukhari-hospitaal vervoer. Sy toestand was ernstig maar stabiel met onder andere ‘n skedelbreuk en ander hoofbeserings.
Maar die eintlike storie is soveel meer as die woorde of verslae wat geskryf is en die hoop en getuienis te midde van hierdie slegte gebeurtenis het ons vanoggend eintlik totaal onkant gevang. ‘n Getuienis wat Robbie vir die Here belowe het, hy sal deel en ons vandag vir die eerste keer kon hoor…
Dankie vir SPAR vir kruideniersware, Faith Durie vir die gesin se gebedskussings en Johan Kloppers van Afriforum vir jou bystand en ondersteuning aan hierdie gesin wat soos Robbie sê eintlik nou weer van vooraf moet begin.
As jy hierdie gesin op enige manier kan bystaan, kan jy gerus hulle dogter, Rene Kriel kontak by 079 013 8761 of die volgende bankbesonderhede gebruik: R.A. Feldman, CAPITEC, Rekeningnommer 1601450573, Takkode 470010.
13 Nov 2018 5AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

Alzheimers SA

Jennifer Myburgh het met Marlene Freislich Hoof uitvoerende beampte van Alzheimers SA gesels oor Dimensie.
18 May 2023 9AM 17 min

FinFix Wenner

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
1 Sep 2022 7AM 7 min

Zander van der Westhuizen gesels met Jenna-Leigh Bilong oor vrouwees

Zander van der Westhuizen gesels met Jenna-Leigh Bilong oor vrouwees, die bediening en haar getuienis van “goedheid en guns”. Jenna-Leigh is bekend as radio persoonlikheid, televisie-nuusleser en nuwe aanbieder van die Die Groot Ontbyt. Luister gerus hoe sy vertel van haar rol as pastoor, ma, aanbieder, skrywer en sanger. Die…
15 Aug 2022 1AM 25 min

GrootPoot met Sonet - 9 Julie 2022 - Dr Yolandi Rautenbach

In GROOTpoot gesels ons met Dr Yolandi Rautenbach, senior lektor in patologie by die Onderstepoort Veearts-fakulteit en hoof van die Onderstepoort Bloedbank. Luister hier om meer uit te vind oor die onderskeie bloedgroepe in diere, en hoe jou troeteldier kan kwalifiseer om ‘n skenker te word.
9 Jul 2022 2AM 14 min