#JouMenseMyMense saam met SPAR 20 November 2018 – Ilse-marie van Huyssteen

--:--
Vanoggend het Ilse-marie drie van haar vriendinne by Caffe Frescatti in Brooklyn Mall ontmoet. ‘n Span van 16 mense het skelm by die tafeltjies om hulle posisie ingeneem en gewag dat Su-an uit die ateljee bel. Ons wou simboliese vir Ilse-marie wys hoe vreemde mense wat van haar gehoor het, uit alle rigtings kom om te probeer help... Een vir een het hulle opgestaan en nadergestap met ‘n koevertjie in die hand en dit dan voor haar neergesit:
“Caffe Frescatti het die ontbyt vir julle geborg...”
“Ons vriende van SPAR gee graag vir jou ‘n geskenkkaart vir kruideniersware...”
“’n Anonieme borg wil graag betaal vir die herstel van jou Bakkie sodat jy hom ook kan inspan in jou besigheid of vir aflewerings vir ‘n ekstra inkomste...”
“Iemand wat omgee, skenk vir jou twee goeie tweedehandse skootrekenaars vir jou werk of besigheid en ‘n playstation vir jou kinders saam met 17 games...”
Moeggesukkel se spysenieringspan het reeds al die platters vir die begrafnis gemaak “maar,” sê Jacques Papenfus, “ons wil ook help met die herstel van jou ander voertuig sodat jy hom dalk kan verkoop om te help met van die onvoorsiene uitgawes...”
“’n Anonieme borg wil graag jou kragrekening betaal vir die volgende 3 maande...”
“En vir Dandré se kleuterskool (R4500...”
“En vir die huur van jou huis vir die volgende 3 maande (R16 200)...”
“En dan die bedrag afrond na R30 000 met ‘n verdere R4700 skenking wat jy kan gebruik hetsy vir kruideniersware of ‘n kersgeskenkie vir die kinders...”

Baie, baie dankie vir almal wat hierdie groot geskenk ter waarde van ongeveer R45 000 moontlik gemaak het en sommer net hulle arms om Ilse-marie kom gooi het sodat sy die liefde en omgee van ‘n hele gemeenskap in hierdie baie moeilike tyd, aan haar lyf kon voel...
20 Nov 2018 6AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

#Biddag 2024 - Nina & Steven Dollenberg van 3Ci

Nina gesels met Steven Dollenberg van 3CI oor geloof. Beide Nina en Steven praat uit ‘n eerlike, rou, persoonlike plek en hoop die gesprek beteken netso baie vir jou, as vir hulle.
29 Apr 3PM 41 min

Biddag - Sonet Stofberg en Venita Engelbrecht

Trauma-dokter, Dr Jaco van Niekerk en sy vrou, Esmaralda, en befaamde paramedikus, Xander Loubser, kuier saam met Venita Engelbrecht en Sonet Stofberg, en gesels as deel van die GROOTfm 90.5 GROOT Biddag oor gesondheidsorg.
29 Apr 7PM 38 min