Goeie Nuus Vrydag- Cathy van Rensburg

--:--
Cathy van Rensburg het 13 jaar gelede haar projek in Elandspoort begin. Kefilwe Thusano het o.a. 'n kleuterskool, naskoolsentrum en vrouegroep, help minstens 50 gesinne met kospakkies en gee elke dag vir ongeveer 150 mense 'n bord gekookte kos.

Toe ons laas week vir Cathy gaan kuier, het Annemarie Pretorius van ons Bloudruk Mediaspan wat self 'n mamma en boonop 36 weke swanger is, gesien dat die kleuters net blokkies het om mee te speel. Sy het in haar hart gevoel om iets te doen, maar geweet as jy selfs net 'n voorstel by GROOTfm 90.5 maak, word dit deurgevoer! Annemarie en haar man, Barend het voelers uitgesteek na hulle verskillende kollegas en hulle seuntjie se Kwetterkousies Kleuterskool en teen gisteroggend kon ons 2 karre stampvol gepak met opvoedkundige speelgoed en wintersklere vir die kleuters vat saam met splinternuwe items vir kunsaktiwiteite en selfs 'n R2000 geskenkkaart vir kruideniersware!

Een van ons luisteraars wat al 'n paar jaar lank oorsee werk en self in Pretoria-Wes groot geword het, het weereens met 'n verdere R5000 skenking sy waardering vir die werk wat mense soos Cathy doen, gewys.

Ons projekte soos #JouMenseMyMense is nooit net 'n uitstalling om op 'n afstand te bekyk nie, maar 'n uitnodiging om deel te word van dit waarmee ons glo God besig is in ons gemeenskap. Ons is dankbaar vir hoe Annemarie en Barend en elkeen wat hulle ondersteun het asook luisteraars soos Johan se betrokkenheid en bydraes hierdie waardes waarvoor ons staan, lewe gee!
12 Apr 2019 6AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

Alzheimers SA

Jennifer Myburgh het met Marlene Freislich Hoof uitvoerende beampte van Alzheimers SA gesels oor Dimensie.
18 May 2023 9AM 17 min

FinFix Wenner

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
1 Sep 2022 7AM 7 min

Zander van der Westhuizen gesels met Jenna-Leigh Bilong oor vrouwees

Zander van der Westhuizen gesels met Jenna-Leigh Bilong oor vrouwees, die bediening en haar getuienis van “goedheid en guns”. Jenna-Leigh is bekend as radio persoonlikheid, televisie-nuusleser en nuwe aanbieder van die Die Groot Ontbyt. Luister gerus hoe sy vertel van haar rol as pastoor, ma, aanbieder, skrywer en sanger. Die…
15 Aug 2022 1AM 25 min

GrootPoot met Sonet - 9 Julie 2022 - Dr Yolandi Rautenbach

In GROOTpoot gesels ons met Dr Yolandi Rautenbach, senior lektor in patologie by die Onderstepoort Veearts-fakulteit en hoof van die Onderstepoort Bloedbank. Luister hier om meer uit te vind oor die onderskeie bloedgroepe in diere, en hoe jou troeteldier kan kwalifiseer om ‘n skenker te word.
9 Jul 2022 2AM 14 min