#JouMenseMyMense 6 Aug 2019 - Om die diefstal te stop...

--:--
Die diefstal, plunder, seermaak, trauma en verlies van ‘n plaasaanval is erg, maar soveel te meer as dit voel of dit maande later steeds voortduur...

Ons was laas jaar by Robbie Feldman (56) en sy vrou Hester (52) kort na die aanval op hulle gesin, die oggend van 11 Oktober 2018. Hulle het geslaap toe vier gewapende aanvallers hulle 02:00 oorval het. Robbie kan nie onthou wat gebeur het nie, hy is met ‘n yster oor die kop geslaan, maar die berigte wat hy gelees het vertel daar was ‘n gestoei, sy oor is geskeur, skote is afgevuur en een van die aanvallers is langs hom dood. Sy vrou en seun is met skoenveters vasgebind en herhaaldelik geskop en geslaan. Hulle huis is geplunder en toe ‘n huurder op die plaas van nagskof af terugkeer, het hy hulle daar vasgebind gevind en hulp ontbied.

Die impak was geweldig. Hierdie gesin het alles verloor en moes op ‘n ander plek oor begin... Nou 10 maande later, voel dit amper of die diefstal steeds voortduur soos Robbie elke dag met die gevolge van sy beserings sukkel. Ons wil sommer namens hom kwaad raak! En tog, soos ons hom die eerste keer ontmoet het, getuig hy steeds van ‘n Goeie Vader wie se Hand hy bly vashou en, hoe moeilik dit ook al mag wees, sy keuse om elke keer wat hy pyn ervaar, weer van vooraf te vergewe.

Robbie se blaas het baie seer gekry tydens die aanval. Hulle wou egter eers al die afsprake nakom met sy kopbesering en nou is daar nog een operasie oor om die gedeelte van sy brein wat nog oop is, toe te maak. Hy het einde Maart die eerste keer ‘n Uroloog gesien. Die x-traal masjien het nie gewerk nie en hy moes 3 weke later teruggaan. Hulle het ‘n blokkasie opgetel waarna die dokter sommer in die spreekkamer Robbie se vel doodgespuit het en toe ‘n kateter deur sy maag ingesit het. Die sonar twee weke later het gewys dat die kateter nooit in die blaas was nie. Die poging om onder narkose te kyk wat die probleem is, het ook nie gewerk nie, maar hulle het wel weer vir Robbie ‘n kateter ingesit.
6 Aug 2019 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min