#JouMenseMyMense - 17 September 2019 - Marius van Dyk

--:--
Die skuifdeur na Marius van Dyk (62) se huis agter die petrolstasie waar hy die afgelope 12 jaar as bestuurder van die karwas en sleepwaens gewerk het, staan oop toe ons daar aankom. Asof mens sommer enige tyd welkom is. Sy kollegas en ook van sy oud-kollegas wat help dra aan die sakke kruideniersware stap in en lyk tuis hier waar hulle vriend op die bank sit. “Ons was die 3 M’e,” vertel Marius as hy ons voorstel aan Martin en Madiba. Annemarie, die eienaar Johan Botha en Piet is ook daar. Piet was eintlik nog altyd daar - werk al 25 jaar by die petrolstasie.

Marius is so 3 jaar gelede met hartversaking gediagnoseer. Hy het oor ‘n tydperk geleidelik verswak tot waar hy nou fase 4 is en toe hy onlangs in ‘n ernstige toestand in Steve Biko hospitaal opgeneem is, het een van sy oud-kollegas vir ons ‘n briefie gestuur om te hoor of ons nie iets vir hierdie “ware staatmaker en mentor” kan doen nie.

Marius moes ophou werk as gevolg van sy gesondheid en is permanent op suurstof. Sy seun, Jeandré (20) werk ook al van net na matriek saam met hom by die karwas. Skielik moet hulle op een salaris van R3500 per maand en die SASSA pensioen uitkom met baie bekommernis en vrae oor of hulle nog hier sal kan aanbly en hoe hulle die somme sal laat klop.
17 Sep 2019 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min