#JouMenseMyMense – Marika de Klerk

--:--
Jy sien Marika de Klerk se omgeehart in elke plasing op haar Facebookprofiel – dis van boere in nood en honger kinders tot werkskepping en orgaanskenking. Dit was nog altyd haar wêreld... Marika het jare lank by Sungarden Hospice gewerk en in 2010 die Pretoria Wes Gemeenskapsforum begin.
Die doel van die forum was om ‘n gemeenskap nader aan mekaar te bring – om al die verskillende niewinsgewende hulporganisasies wat in die weste van Pretoria werk te help om kragte saam te span in ‘n ondersteuningsnetwerk tot voordeel van die gemeenskap wat hulle met dieselfde hart en passie dien!

Toe die Stadsraad van Tshwane vir haar erkenning gee vir haar bydrae, was haar reaksie: “Maar ek het nie veel gedoen nie! Die werklike dank gaan aan elke omgee-mens wat in die gemeenskap werk. Julle is my helde! Al wat ek gedoen het was om julle om een tafel bymekaar te kry.”

En dit was einste aan een so lang tafel waar lede van die forum vanoggend bymekaar was toe ons vir Marika kon verras.

Marika het graad 4 borskanker en is al amper 2 jaar in en uit Steve Biko hospitaal vir behandeling. As ander oor die staatshospitale kla en kritiseer, sal sy sê sy voel geseënd en dankbaar, want daar is sy saam met mense wat dalk nog sieker is as sy, mense wat al 3 uur die oggend moes opstaan om 5 taxi’s te vat om by die hospitaal te kan kom. Sy het familie wat haar ondersteun terwyl baie ander heeltemal alleen is. “Ek huil elke keer as ek gaan uit soveel empatie vir my medemens en ek bid soms die hele dag lank vir dié wat nie so gelukkig is soos ek nie.”

Jy kan nie dink hoe seer haar liggaam eintlik is as jy na die dankbaarheid en opgewondenheid in haar stem luister nie. Alhoewel sy die voorsitterskap van die forum oorgegee het, het sy nog soveel planne en idees met ‘n positiewe realisme van twee tree vorentoe en môre dalk weer een tree terug, maar vorentoe sal ons gaan.

Marika se maandelikse medikasie is redelik duur, maar sy probeer steeds in haar eie behoeftes voorsien.
19 Nov 2019 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min