Kersfees HOOPstoot 3 - Candice se kunsbeen vir Kersfees

--:--
Candice Badenhorst (37) was 19 jaar oud toe sy met ‘n vorm van beenkanker gediagnoseer is. Na 5 sessies chemoterapie het hulle die gewas uitgesny, maar kort daarna was daar weer ‘n knoppie op haar been. Na die opvolgoperasie het die wond nie gesond geword nie en 4 maande voor haar 21ste verjaardag is haar been geamputeer.

Die verlies van haar been, 16 jaar gelede, het Candice nog nooit ondergekry nie. Sy het wél een groot droom: Om eendag hand-aan-hand met haar kinders te kan loop... Iets wat sy nog nooit met haar krukke kon doen nie. Candice en haar man Francois het twee seuns – 5 en 7 jaar oud - en hulle, saam met die ondersteuning van haar ma, is die grootste rede hoekom sy nie sal gaan lê nie.

Haar briefe aan ons was ook nie vir hulp vir haarself nie. “My ma is die wonderlikste mens. Sy het alles opgeoffer om my beter te kry, skuld aagegaan vir doktersrekeninge en nog baie meer. Sy kan self nie meer werk nie as gevolg van haar gesondheid en bly in ‘n woonstel in ons erf. Al wat ek vra is ‘n bietjie bederf, want sy sal haar laaste gee vir mense al het sy self niks nie.”

Ons span het met Candice afgespreek om haar ma by ‘n koffiewinkel te verras. Candice het vir haar ma gesê sy moet gaan vir ‘n werksonderhoud... Danksy Chris van SkinPhD in Mall@Reds kon ons die tannie bederf met ‘n reuse R5000 geskenkbewys vir van hare en naels tot produkte en grimering! Die tannie was so dankbaar en Candice het gedink ons is klaar...
Maar toe kom haar man Francois en 2 seuntjies, almal met blomme in die hand en die GROOTfm span met balonne om die hoek en kom staan om die tafel waar Candice se ma nog effens oorbluf voel na die lekker verrassing...
En na ons Candice uitgevra het oor haar droom en sy tussen deur die trane probeer verwoord, tree Ben Prinsloo van Prinsloo Ortopedies en Simoné Weyers van Weyers Ortopediese Dienste vorentoe met die nuus dat hulle, in samewerking met ӦSSUR wat die parte voorsien vir Candice.
25 Nov 2019 6AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

Alzheimers SA

Jennifer Myburgh het met Marlene Freislich Hoof uitvoerende beampte van Alzheimers SA gesels oor Dimensie.
18 May 2023 9AM 17 min

FinFix Wenner

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
1 Sep 2022 7AM 7 min

Zander van der Westhuizen gesels met Jenna-Leigh Bilong oor vrouwees

Zander van der Westhuizen gesels met Jenna-Leigh Bilong oor vrouwees, die bediening en haar getuienis van “goedheid en guns”. Jenna-Leigh is bekend as radio persoonlikheid, televisie-nuusleser en nuwe aanbieder van die Die Groot Ontbyt. Luister gerus hoe sy vertel van haar rol as pastoor, ma, aanbieder, skrywer en sanger. Die…
15 Aug 2022 1AM 25 min

GrootPoot met Sonet - 9 Julie 2022 - Dr Yolandi Rautenbach

In GROOTpoot gesels ons met Dr Yolandi Rautenbach, senior lektor in patologie by die Onderstepoort Veearts-fakulteit en hoof van die Onderstepoort Bloedbank. Luister hier om meer uit te vind oor die onderskeie bloedgroepe in diere, en hoe jou troeteldier kan kwalifiseer om ‘n skenker te word.
9 Jul 2022 2AM 14 min