JouMenseMyMense saam met SPAR – Calista Sellar, 12 Februarie 2020

--:--
Calista Sellar is in haar Graad 3 jaar, Oktober 2014, met Fanconi Anemia gediagnoseer – ‘n baie raar genetiese kondisie wat die beenmurg affekteer en so die vervaardiging van alle soorte bloedselle in die liggaam. Sy moes elke 4 tot 6 maande vir bloedtoetse gaan om haar plaatjietelling te monitor en dan ook elke 12-18 maande vir ‘n beenmurgbiopsie.

Calista was redelik stabiel tot Mei 2019 toe haar plaatjietelling gedaal het tot nul. Haar beenmurg was heeltemal uitgeput. Die mediesefonds het aangebied om Calista se ouer broer, Joshua te toets as beenmurgskenker en wonderbaarlik was hy ‘n 100% geskikte skenker. Kort na haar laaste vraestel in November is sy opgeneem vir ‘n week se chemo en toe die oorplanting op 4 Desember 2019.

Sy was 8 weke lank in die hospitaal. Het selfs haar 15de verjaarsdag daar gevier. Ons GROOTfm span het saam met haar Hoërskool Centurion maats gekonkel om vir ons eerste JouMenseMyMense projek vir die jaar vir Calista te gaan verras. Die video van die Graad 9 groep was opgeneem, stemboodskappe van haar vriende en toe, na eintlik so ‘n lang stryd en tog op die ou end so skielik, is Calista op 22 Januarie oorlede.

Ons het gevoel dat ons steeds haar lewe wil herdenk… En sonder dat ons gevra het, het haar ouers, Lydia en Dominique gesê dat hulle ook graag met ons sal wil gesels.

Na ‘n baie emosionele gesprek kon ons vir die gesin ‘n bydrae maak ten opsigte van die uitstaande mediese kostes, ‘n geskenkkaart gee van SPAR asook ‘n gebedskussing as ‘n tasbare stukkie liefde en troos wat kan agterbly met die woorde van Psalm 91 – “U is my toevlug en veilige vesting, my God op wie ek vertrou.”

https://www.backabuddy.co.za/champion/project/calista-sellar
12 Feb 2020 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min