JouMenseMyMense saam met SPAR – Fadi en Antonette, 19 Februarie 2020

--:--
Antonette is in ‘n shebeen in Danville gebore. Reeds vroeg in haar lewe is sy aan geweldige mishandeling blootgestel. Op 12-jarige ouderdom het haar pa haar vir bokslesse geneem om haarself te kon beskerm en 3 jaar later was sy die Wêreldkampioen in haar gewigsklas.

Antonette was die een wat op haar pa afgekom het na hy selfmoord gepleeg het. ‘n Baie donker en stormagtige tyd in haar lewe het gevolg. Vandag getuig sy hoe die Here haar beskerm het en meer as een keer het sy die boodskap gehoor: “Die Here roep jou vir die nasies.”

So paar jaar gelede het sy by die Midstream kampus van Doxa Deo ingeskakel waar die Here haar lewe behoorlik omgedop het. Sy kon heel word en het geleentheid gekry om haar getuienis te deel op verskillende platforms. Later het sy ‘n bediening in Danville begin wat vir haar ‘n pad en proses van vergifnis was.

Die roeping om verder te gaan na die nasies toe wou haar egter nie los nie en Doxa Deo het haar in verbinding gebring met OM waarna sy Egipte toe is om sendingwerk daar te gaan doen. Met haar sportagtergrond kon sy cross fit begin aanbied en so by mense uitkom terwyl sy besig was om Arabies te leer. Sommer die heel eerste klas wat sy aangebied het, het sy vir Fadi ontmoet. Hy was ook in sportbediening en Antonette het lief geraak vir sy mooi hart nog voor sy eers verlief kon wees...

Maart 2019 was sy oppad terug Suid-Afrika toe. Sy het gehoop om haar ma te kom verras. Die nag toe sy hier in Johannesburg land het die boodskap deurgekom dat haar ma vermoor is. Die kuier waarna sy so uitgesien het, het ‘n begrafnis geword. Beide haar ouers sien sy vandag nog as haar helde, wat haar lief gehad het met alles wat hulle gehad het om te gee.

Desember het Antonette en Fadi verloof geraak. Fadi het Antonette se kerkfamilie kom vra of hy met haar mag trou en hierdie hele familie het ingespring en begin help met alles wat nodig is vir die troue.
19 Feb 2020 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min