JouMenseMyMense saam met SPAR – Anriëtte van der Riet, 11 Maart 2020

--:--
Sy was die wenner van die Pretoria Skole Idols, top Akademiese presteerder en op die leerlingraad van haar skool toe Anriëtte van der Riet se hele lewe in Februarie 2013 verander het…
Sy het by die skool inmekaar gesak na sy die gevoel in haar bene verloor en hartkrampe gekry het. Sy is met Marfansindroom en ‘n lekkende hartklep gediagnoseer. Marfansindroom tas die bindweefsel en organe in die liggaam aan en veroorsaak ander gesondheidsprobleme wat met tyd die een na die ander na vore gekom het van sig- en longprobleme tot lae bloeddruk, fibromialgie en slaap apnee en elke simptoom wat daarmee gepaardgaan. Sy het kroniese pyn in haar skelet, spiere en vel. Haar hande word erg beïnvloed en die probleme in haar heupe maak dit nou ook al hoe moeiliker om te loop.
In 2015 is Anriëtte se ma, Mariëtte medies ongeskik verklaar weens sigprobleme. Sy kan net buitelyne sien. Die gesin het 'n mediesefonds as deel van Mariëtte se voordele, maar dis slegs 'n hospitaalplan. Mariëtte is ook in 2018 met fase 2 (en later fase 4) borskanker gediagnoseer. Sy is onlangs weer daarvoor opgeneem nadat dit aan die lig gekom het dat daar aktiewe kankerselle in een van haar bene was. Anriëtte se Pa, Anton wat ‘n huweliksbevestiger is, het in dieselfde jaar 'n noodoperasie vir sy rug ondergaan en sukkel ook met sy gesondheid.
Ten spyte van haar konstante pyn en behandeling, het Anriëtte al verskillende projekte aangepak om fondse te help insamel vir haar familie – meeste van hierdie projekte is iewers vanuit ‘n hospitaalbed gereel. Sy studeer tans teologie en werk ook om self haar studies te help betaal.
Anriëtte se siekte het vinniger vererger as wat enige iemand kon voorspel en haar lewenskwaliteit het vinnig afgeneem. Daar is nie veel kenners nie, maar hulle het ‘n dokter gekry wat saam met neurosjirurge, neuroloë, fisioterapeute, biokinetici, narkotiseers, kardioloë, en ander spesialiste werk om die beste behandeling (of ten minste net verligting) vir die pasiënt te kan gee.
11 Mar 2020 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min