#JouMenseMyMense – LIG Kinderbediening – 8 April 2020

--:--
Ons het met die uitvoerende hoof van LIG Kinderbediening, Louise Rossouw gesels om te hoor hoe die gesinne waarby hulle betrokke is in Pretoria-Wes se behoeftes verander het in hierdie tyd, maar ook hoe ek en jy steeds ‘n verskil kan maak.
Die toename van die gesinsgeweld wat Louise beskryf het terwyl ‘n gesin van ses en ag in ‘n wendyhuisie, een-vertrek woonstel of piepklein RDP huisie ingehok is, het ons behoorlik aan die hart gegryp en daarom het GROOTfm 90.5 en SPAR se JouMenseMyMense-projek vir LIG Kinderbediening inkleurboeke en kryte, leesboekies en Bybelstories, opvoedkundige speelgoed, bou blokkies en legkaarte, tennisballe, springtoue en boontjiesakkies bymekaar gemaak wat saam met kospakkies vir hierdie gesinne uitgedeel word.
Besoek gerus hulle Facebookblad vir meer inligting: LIG Therapy Centre @lighawe
8 Apr 2020 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min