#JouMenseMyMense - 20 Mei 2020 – Eleos

--:--
In ‘n gemeenskap waar soveel mense in ‘n siklus van armoede, gesinsgeweld, mishandeling, alkohol- en dwelmverslawing, tiener swangerskappe en die gebrek aan basiese lewensvaardighede vasgevang is, kom genade-in-aksie…

Dit is wat ELEOS se naam beteken – ‘n liefdadigheidsorganisasie wat 20 jaar gelede gebore is met ‘n begeerte om ‘n tasbare verskil te maak in die lewens van minderbevoorregte kinders en hulle gesinne in Pretoria-Wes. Verhouding is die fondasie waarop elke volhoubare projek gebou word, hetsy die naskole-, Agape- en Giggles groepe, ouerleiding, kampe, berading en maatskaplike dienste. Hulle volg ‘n belangrike benadering van: help ‘n gemeenskap om homself te kan help, want dit gee vir mense selfwaarde wat nodig is om self op te staan, onafhanklik te funksioneer en homself uit armoede uit te werk!

Genade is soms ‘n broodjie of net ‘n oor wat hoor, ‘n beurs of ‘n kospakkie, ‘n drukkie of ‘n gebed en danksy ‘n Genadige God kon ‘n span toegewyde gemeenskapswerkers en vriendinne vinnig die nodige aanpassings maak om steeds genade, hoop, liefde en omgee op kreatiewe maniere tasbaar te maak in ‘n grendeltyd.
20 May 2020 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min