#JouMenseMyMense saam met SPAR – Karavaan-gesin se nuwe lewe – 9 September 2020

--:--
Op 5 Augustus het ons vir Danie, Madelyn en Nella ontmoet - die gesin wat ‘n gemufde karavaan vir R100 ‘n dag gehuur het. Die reaksie op hulle verhaal was verstommend en Sanet en Russell Fagan van SA Cares for Life het betrokke geraak. Danksy die bydraes van ons luisteraars, kon hierdie gesin na ‘n nuwe huis trek – loopafstand van Nella se skool en skielik is haar gesondheid sommer stukke beter. Madelyn het haar rekenaarkursus begin. Danie leer hoe om sy eie kar reg te maak met parte wat ‘n donateur uit China geskenk het en die borg uit Amerika het vir hom ‘n fiets gekoop waarmee hy ry om elke dag op sy pos as karwag te wees.

Ons JouMenseMyMense span het gaan inloer om hierdie liggaam, siel en gees vernuwing saam met die gesin te vier terwyl Liandri Ferreira, Madelyn met ‘n hare en grimering mooi-maak bederf het.
9 Sep 2020 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min