GROOTfm 90.5 Route326 met Francois en Anelma

Route326 met Francois en Anelma

Route326 met Francois en Anelma is ń spontastiese vermenging van onvoorspelbaarheid en tendense sonder grense. Hierdie dinamiese duo vergesel jou van drie tot ses en kleur jou laatmiddag in met konteks, kief klanke en koel kwinkslae. Hulle gesels met die OG's en die VIP's en bewys nie almal hoef te peak in matriek nie. Wees daar of wees ń blaar.
Monthly Afrikaans South Africa Music
861 Episodes
752 – 772

Sonja Herholdt kuier in Gister Se Grotes

Vandat sy as driejarige dogtertjie die eerste keer 'n verhoog betree het, het Sonja geweet: Dis waar sy hoort. Vir die volk is sy ‘n liedjie wat speel of 'n plakkaat teen die muur, maar agter die celeb is daar die menswees as ma, beroepsvrou en vrouwees. Ons kyk terug…
28 Jul 2019 44 min

Hanco oor sy nuwe enkelsnit: Verdrink

Wat hierdie enkelsnit ekstra besonders maak is die feit dat dit in samewerking met Italiaanse liedjie skrywers, en vervaardigers Sergio Di Nicola, Danilo Pastore, Giordano Donati en Alessandro Giunta geskryf is. “Verdrink” gaan oor die gevoel van hulpeloosheid omdat die belangrikste persoon in jou lewe nie by jou is nie…
25 Jul 2019 12 min

Susan Coetzer kuier in Gister Se Grotes

Die Afrikaanse aktrise, vryskutjoernalis, kunstenaar en skrywer, Susan Coetzer is iemand wat uit die boks uit leef en dink. Francois ontmoet haar in die vinnige baan by die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein om uit te vind of sy dit kan regkry om vir ‘n paar minute stil te sit.
14 Jul 2019 29 min

Leon van Nierop onthou Paul Eilers

Die filmkenner Leon van Nierop was een van die eerste mense wat Vrydag die nuus van Paul Eilers se dood op sosiale media gedeel het. Hulle was kollegas en vriende en Paul het hom ook help oplei as omroeper en regisseur, toe hy vars aangesluit het by die destydse SAUK…
30 Jun 2019 1 min

Natalia da Rocha kuier in Gister Se Grotes

Natalia da Rocha is ‘n pionier Suid-Afrikaanse aktrise, regisseur, jeugaktivis en besigheidsvrou. Sy was een van die min mense van kleur wat dit reggekry het om tydens die apartheidsera aktief in die vermaaklikheidsbedryf betrokke te wees. Francois ontmoet haar in 'n raserige restaurant in Muizenberg by Surfer’s Corner. PS. Slegs…
2 Jun 2019 50 min

Gister Se Grotes Huldeblyk aan Irene van Wyk

Irene van Wyk was aanvanklik bekend as die meisie wat saam met Steve Hofmeyr sing, maar het later weggebreek van hierdie titel toe sy haar eie unieke stempel op musiek begin afdruk. Alhoewel haar stem mense aan Tina Turner herinner, het sy met haar eiesoortige styl, veelsydigheid en sonderlinge vokale…
26 May 2019 9 min
752 – 772