Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
08
MAR
2019

EK WOU NOG SÊ

Aangebied deur Naledi en AVBOB

Woorde van verlies en vertroosting in al elf landstale het behoorlik ingestroom vir die I Wish I’d Said-poësieprojek. Daarna is dit deur redakteurs in alle tale deur- gegaan, waarna die bestes vir dié ver- sameling uitgekies is. Om hulle met sulke kosbare, eerlike en dikwels rou emosies gewerk het, het dit hulle ook verander, sê die redakteurs. Hier, om meer te ver- tel, is die redakteurs van die projek se Afrikaanse en Engelse afdelings onder- skeidelik, Daniel Hugo en Douglas Reid Skinner, en die jong Afrikaanse wenner uit die Vrystaat, Lynthia Julius. Douglas en Lynthia lees ook voor.
08
MAR
2019

KARAKTERMOORD

Carina Diedericks-Hugo, in gesprek met Suzanne Paxton

Aangebied deur Penguin Random House

Vyftien jaar gelede ontmoet uitgewer Malan Sinclair ’n enigmatiese, suksesvolle en beeldskone digter, Anna Neethling.
Sy dompel sy lewe in ’n maalkolk van destruktiewe passie. Wanneer Anna op ’n dag langs sy motor vermoor gevind word, begin die poppe dans. Veral wanneer ’n uittreksel uit Anna se dagboek en ’n bebloede sakdoek by Malan afgelewer word ... Die bekende en bekroonde jeugboekskrywer Carina Diedericks-Hugo bespreek haar misdaadbuiging, Karaktermoord, met Suzanne Paxton.
08
MAR
2019

DIE VERTES IN

Zirk van den Berg, in gesprek met Herman Wasserman

Aangebied deur Kwela Boeke

Duits Suidwes-Afrika, 1905. Die ontnugterde soldaat Siegfried Bock se pad kruis met dié van Lisbeth Löwenstein, ’n arm Jodin wat met ’n Duitse setlaar moet trou wat sy skaars ken, die Damara-man Mordegai Guruseb wat uit ’n konsentrasiekamp ontsnap het, en die pseudo-wetenskaplike Albert Pitzer. Zirk van den Berg gesels met Herman Wasserman oor sy navorsing vir dié roman, maar ook sy nuwe voorstedelike sprokie Ek wens, ek wens wat op pad is en die heruitgawe van sy misdaadroman, 'n Ander mens, wat met die uitreiking van die fliekweergawe saamval.
08
MAR
2019

JACO WOLMARANS: BOS

Met: Rudie van Rensburg

Aangebied deur Tafelberg

Die bekende Kaapse fotograaf maak sy romanbuiging met ’n verhaal wat sy wortels het in sy eie reise deur Afrika en die Bosooroorlog. BOS wentel om twee bloedbroers, ’n vriendskap en totale vertroue gesmee in Angolese operasies. Maar jare ná die sluit van vrede steek een, die veteraan met ’n die gevreesde, onaantasbare Kalingono, dood verklaar ná ’n geheime operasie, skielik terug is. Rudie van Rensburg vra Jaco uit.
08
MAR
2019

SUSAN COETZER: SELMA & LOUISE

Met: Karien Basson

Aangebied deur Human & Rousseau

Selma Barnard se lewe het soos ’n kaartehuis inmekaargetuimel. Eers verloor sy haar man, toe haar kinders, en nou is haar hart gebreek deur ’n ridder op ’n wit perd. Hoe kon sy haar so misgis het? En waar was Louise, haar hartsvriendin van 40 jaar? Sy vlug, wel, Indië toe. Solank sy net daai stem binne haar kan ignoreer wat sê alles is nie pluis nie … Die bekende aktrise Susan Coetzer vertel vir Karien Basson meer omtrent die geennonsies-heldinne in haar lekkerleesroman, Selma & Louise.
08
MAR
2019

KILLING KAROLINE

Met: Ruda Landman as gespreksleier

Aangebied deur MFBooks Joburg

Nie baie mense kan sê hulle ma het hulle, om haar huweliksontrouheid te verdoesel, as pasgebore baba landuit geneem, vir aanneming opgegee en in Suid-Afrika as dood laat registreer nie. Maar dis die verstommende ware verhaal van Karoline, wat as die aangenome Sara Jayne King in Engeland grootgeword het. Sy vertel vir Ruda Landman van die vreemde omstandighede van haar aanneming en hoe dit voel om jou eie doodsertifikaat vas te hou.
08
MAR
2019

SOPHIA KAPP: KANTELPUNT

Met: Anastasia de Vries

Aangebied deur LAPA Uitgewers

Nellie, wat pas 50 geword het, is ’n konvensionele, wit, Afrikaanse vrou wat
haar lewe lank gedoen het wat almal van haar verwag – sy’t stilgebly. Dan
kantel haar wêreld en begin sy haar stem terugeis, soms met verreikende gevolge, soms teen ’n ontsettende prys. Met elke insident, elke veldslag en elke gesprek tree sy verder weg van die konvensies wat haar stom gehou het.
07
MAR
2019

JOHN HUNT'S 60S HILLBROW

Met: Harry Kalmer

Aangebied deur Penguin Random House

As die Hunt van die internasionale reklame-agentskap Hunt Lascaris, deesdae TBWA\Worldwide, bly skryf vir John Hunt sy happy place. In sy lieflike grootwordstorie The Boy Who Could Keep A Swan In His Head neem hy
die leser terug na die Hillbrow van die sestigs, waar ’n seuntjie met ’n enorme verbeeldingswêreld smiddae ná skool bomme ontduik en Nazi’s uitoorlê tussen hulle woonstel en die park, sy getroue hondekameraad aan sy sy. Enigiets om te vergeet van sy pa wat gekluister is aan sy suurstof- “Spit Fire” in die slaapkamer, en sy mooi dog tragiese ma. Harry Kalmer, skrywer van ’n Duisend stories oor Johannesburg, vra hom uit.

77 episodes

« Back 13—24 More »