Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans Namibia News
4,001 Episodes
12 – 32

Is daar regtig soveel dokters in Namibië?

Namibië het 'n silwer toekenning van die Wêreldgesondheidsorganisasie ontvang vir die werk wat gedoen is om Hepatitis B uit te skakel. By die geleentheid het premier Saara Kuugongelwa-Amadhila 'n oorsig gegee van Namibië se prestasies. Volgens Kuugongelwa-Amadhila het die Unam-mediese skool sedert sy ontstaan 400 mediese dokters opgelei, en daar…
8 May 7AM 1 min

Afrika-plante is beter bron vir velverbleiking

Nuwe navorsing beklemtoon die moontlikheid om plantekstrakte uit Afrika se ryke biodiversiteit as veiliger alternatief vir sintetiese velbleikingsprodukte te gebruik. Laurentia Opperman wat onlangs haar Meestersgraad in Mediese Biowetenskappe aan die Universiteit van die Wes-Kaap voltooi het, het die navorsing gedoen. Sy sê tirosinase was ʼn belangrike fokuspunt in haar…
8 May 7AM 1 min

Onderwys gesels oor werklose, gekwalifiseerde onderwysers

Meer as 8 000 onderwysers is volgens berigte steeds werkloos sedert hulle tussen 2017 en 2023 gegradueer het. 'n Bykomende 1 500 gegradueerdes van Unam se noordelike en noordoostelike kampusse het die afgelope weke by hul werklose voorgangers aangesluit. Verlede jaar het die onderwysministerie sowat 740 poste gevul, terwyl nog…
8 May 7AM 1 min

Afrikaans is vandag 99 jaar oud

Afrikaans het vir die eerste keer op 8 Mei 1925 sy status as amptelike taal in Suid- Afrika ontvang. In die aanloop tot volgende jaar se groot feesvieringe van die taal se 100ste verjaarsdag, begin die feesvieringe al vandag op die 99ste verjaarsdag. Kosmos 94.1 Nuus het met Elizma Theron…
8 May 6AM 1 min

Mbumba kan nie Jerry se wette bekragtig nie

As oppergesag van die land, verbied die Grondwet al die drie hooforgane van die staat om enigiets te doen wat enige van die fundamentele menseregte afskaf, inperk of skend. Dus enige wet of aksie wat buite die bepalings van Grondwet aangeneem word is nietig. Dit is die mening van die…
8 May 6AM 1 min

Namibië 'verkoop' sy kraginfrastruktuur met lening

Reaksie is ontvang op die lening van 2,6 miljard Namibiese dollar wat deur die Wêreldbank toegestaan is om die transmissienetwerk uit te brei en die integrasie van hernubare energie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die PDM se skadu-finansminister, Nico Smit, wat sê die regering beweeg te vinnig met sulke…
8 May 5AM 1 min

George: Is bouregulasies nagekom?

Die GOOD-party in die Wes-Kaap vra ʼn spoedige ondersoek na die oorsaak van die ineenstorting van die gebou in George in die Wes-Kaap. Sewe werkers is dood en 39 word nog vermis terwyl reddingsoperasies voortduur. GOOD se woordvoerder, Ricky Seekoei, sê diegene betrokke by die projek se bouwerk en munisipale…
8 May 5AM 1 min

Bedrogspul by veterane-aangeleenthede

Die verdediging en veterane-sake ministerie is in kennis gestel dat individue hulself as amptenare van die ministerie voordoen wat veterane van die bevrydingstryd versoek om hul persoonlike bankrekeningbesonderhede te verskaf. Dit is glo om hangende individuele veteraneprojekte uit te betaal. Die ministerie waarsku dat alle amptelike inligting wat vereis word,…
8 May 4AM 1 min

Ekurhuleni moet sy kragkabels oudit

Die DA in Ekurhuleni het 'n mosie by die raad ingedien wat die metro wil dwing om 'n oudit van alle kragkabels in besit van die munisipaliteit te doen. Dit volg na die ineenstorting van munisipale elektrisiteitsinfrastruktuur oral in die metro wat nou in 'n totale vervalle toestand is. Simon…
8 May 4AM 1 min

De Lille het lof vir toerisme-syfers, help met ekonomie

Die minister van Toerisme Patricia de Lille verwelkom die toename in internasionale besoekers en sê dit is 'n betekenisvolle bydraer tot die ekonomie en werkskepping. Volgens die jongste internasionale aankom-syfers vir Januarie tot Maart vanjaar was daar 2,4-miljoen besoekers, wat 'n toename van 15,4-persent is, vergeleke met die dieselfde tydperk…
8 May 3AM 1 min

Stubbs lei Delhi Capitals tot oorwinning

Die Protea-kolwer, Tristan Stubbs, het ʼn vinnige 41 gemoker vir die Delhi Capitals se ʼn 20-lopie-sege oor die Rajasthan Royals in hulle Indiese Premierliga-kragmeting. Rajasthan moes ʼn teiken van 222 haal, maar is tot 201 vir agt beperk. Die oorwinning hou Delhi se hoop lewendig om die uitspeelrondes te haal…
8 May 3AM 1 min

George: Soek en redding duur nog vir drie dae

Wes-Kaapse Rampbestuur sê almal wat nog vasgekeer is onder die puin van die ineengestorte verdiepinggebou in George, sal vir die volgende drie dae as lewend beskou word. Soek- en reddingspogings duur intussen voort. Sewe van die 75 konstruksiewerkers wat op die terrein was ten tyde van die ineenstorting, is dood,…
8 May 2AM 1 min

MTC sal help om misdaad in Whk te bekamp

Die Windhoek munisipale raad en MTC het 'n memorandum van verstandhouding onderteken wat sal meebring dat die twee partye meer tegnologie sal aanwend om misdaad in die stad te help bekamp. MTC sal steun verleen vir die Stad Windhoek se veilige stad-konsep in samewerking met die Stadspolisie, om kringtelevisie-toerusting en…
8 May 2AM 1 min

Borussia Dortmund haal eindstryd, eerste keer in 11 jaar

Borussia Dortmund is deur na hulle eerste Kampioeneliga-eindstryd sedert 2013 nadat hulle in die tweede deel van hulle halfeindronde-kragmeting met Paris Saint-Germain afgereken het. Mats Hummels se kopskoot in die tweede helfte het aan Dortmund ʼn een-nul-sege besorg met ʼn totale oorwinning van twee-nul. Die Duitse klub sal die eerste…
8 May 2AM 1 min

Zizi wil teen DA optree oor vlag-advertensie

Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, oorweeg optrede teen die DA se omstrede advertensie waarin die Suid-Afrikaanse vlag verbrand word. Die DA het die advertensie verdedig en sê dit versinnebeeld kommer oor die toestand waarin die land verkeer. Kodwa se woordvoerder, Litha Mpondwana, sê die minister het…
8 May 2AM 1 min

Sommige gebiede het stropery onder beheer

Wild- en vee-stropery neem geweldig toe in verskeie dele van die land. Omtrent elke week word een of meer sake aangemeld. Die prentjie lyk blykbaar nie te sleg in al die gebiede nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Günther Kahl, wat boer in die Kalkveld area, wat sê stropery…
8 May 1AM 1 min

Mbumba rits te veel rond

Die publiek spreek kommer uit oor president Nangolo Mbumba wat baie reis vir "werk" sedert hy die leisels oorgeneem het ná die dood van president Hage Geingob in Februarie. Die bekommernisse wentel om die koste verbonde aan die reise, sekuriteitsimplikasies en die president se bestuursverantwoordelikhede wat nie aandag geniet nie…
8 May 12AM 1 min

Lenings moet hulself terugbetaal sê ekonoom

Opinies oor die Wêreldbank se lening van 2,6 miljard Namibiese dollar vir die uitbreiding van Namibië se transmissienetwerk is verdeeld. NamPower sal die geld gebruik vir die ontwikkeling van 'n tweede 400kV Auas-Kokerboom transmissielyn, die ontwikkeling van 'n battery-energie stoorstelsel-fasiliteit, en tegniese bystand om hernubare energie-projekte te ontwikkel. Kosmos 94.1…
8 May 12AM 1 min

Regstryd vir Zim-boere nie verby nie

Suid-Afrika se Konstitusionele Hof het bevind dat 'n eis van 2 miljard Suid-Afrikaanse rand teen die buurland se regering deur Zimbabwiese boere vir grondgrype, verjaar het. Howe in Europa en Amerika het egter onlangs vergoeding en regskoste teen die regering van Zimbabwe toegeken, wat presedente in internasionale reg skep en…
8 May 12AM 1 min
12 – 32