Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
140 – 160

Brandberg Backyard Ultra spog met rekord-inskrywings

Dit is die naweek die vyfde RMB Brandberg Backyard Ultra, die uiters gewilde ultra-marathon waar deelnemers elke uur 'n loep van 6,7 kilometer moet voltooi tot net een deelnemer oorbly. Kosmos 94.1 saai ook Saterdag regstreeks vanaf Uis uit om jou op hoogte te hou. Organiseerder Riana Scholtz sê daar…
16 Jul 10AM 1 min

Staat-woordvoerders leer (hopelik) om beter te kommunikeer

Regeringsamptenare het vanoggend amptelik die vierdaagse Effektiewe Kommunikasiekonferensie in Swakopmund geopen. Die geleentheid, met Botswana se visepresident Ndaba Gaolathe as eregas en wat deur Namibiese visepresident Lucia Witbooi gelei is, is daarop gemik om die manier waarop regeringswoordvoerders met die publiek skakel, te versterk. Witbooi het deelnemers aangemoedig om die…
16 Jul 10AM 1 min

Staat-woordvoerders leer om beter te kommunikeer

Regeringsamptenare het vanoggend amptelik die vierdaagse Effektiewe Kommunikasiekonferensie in Swakopmund geopen. Die geleentheid, met Botswana se visepresident Ndaba Gaolathe as eregas en wat deur Namibiese visepresident Lucia Witbooi gelei is, is daarop gemik om die manier waarop regeringswoordvoerders met die publiek skakel, te versterk. Witbooi het deelnemers aangemoedig om die…
16 Jul 10AM 1 min

Veeprysgelykmakingsfonds nie realisties: kenner

Die landbouministerie en die Namibiese Nasionale Boere-unie finaliseer tans planne vir 'n veeprysgelykmakingsfonds wat in 2024 deur die kabinet goedgekeur is, wat daarop gemik is om beesboere in die noordelike kommunale gebiede te ondersteun. Die ministerie sê die fonds is nodig omdat slegs 15 persent van beeste in die noordelike…
16 Jul 10AM 1 min

Vragmotorbestuurders kan nie bloed skenk op pad: Naretu

Die Namibiese Revolusionêre Vervoer- en Vervaardigingsunie, Naretu, het sy steun uitgespreek vir pogings om vrywillige bloedskenkings in die vervoersektor te bevorder, maar trek die streep wanneer dit kom by vragmotorbestuurders wat moet bloed skenk terwyl hulle op die pad is. Dit kom nadat die Walvisbaai-korridorgroep en die Bloedoortappingsdiens 'n ooreenkoms…
16 Jul 10AM 1 min

Tuchel sal aanbly by Engeland-sokkerspan

Sokker: Hoofafrigter Thomas Tuchel sal aanbly om Engeland na die Euro 2028 te lei. Die Duitser loop onder kritiek deur vir sy verdediging-plaasvervangers in die Wêreldbeker-halfeindronde in Atlanta, waar sy span ʼn 1-0 voorsprong verkwis en met 2-1 teen die heersende kampioen, Argentinië, verloor het. Tuchel, wat in Januarie 2025…
16 Jul 9AM 1 min

Fosa vra optrede teen onwettige inlywingskole

Forum for South Africa sê die sluiting van 58 onwettige inlywingskole, die inhegtenisneming van 40 verdagtes en die indien van 116 strafregtelike klagtes dui daarop dat onwettige praktyke steeds jong Suid-Afrikaners se lewens bedreig. Die dodetal in vanjaar se winter-seisoen staan op 43. Fosa se leier, Tebogo Mashilompane, sê onwettige…
16 Jul 9AM 1 min

SA keur ook Starlink-mededinger goed

Herotel het 'n vennootskap met Amazon Leo aangekondig wat vanaf volgende jaar satelliet-internetdienste in Suid-Afrika bied. Die onderneming het Elon Musk se mededingende diens, Starlink, plaaslik voorgespring deur vroeër aan regulatoriese vereistes te voldoen. Die nuwe diens, wat as Evry bemark word, sal Amazon se Lae Aarde-wentelbaan-satellietnetwerk gebruik om internetverbinding…
16 Jul 8AM 1 min

Bellengham loof Messi na Wêreldbeker-halfeindstryd

Sokker: Engeland se middelveldspeler, Jude Bellingham, het Argentinië se kaptein, Lionel Messi, geloof nadat hulle 2-1 verloor het in die Wêreldbeker-halfeindstryd. Hy beskryf die 39-jarige as 'n uitsonderlike speler wie se beweging, balbeheer en intelligensie ongeëwenaard is. Bellingham erken die kragmeting het sy bewondering vir die legendariese speler verdiep. Hy…
16 Jul 8AM 1 min

Mandela-maand handel oor dienslewering

Die regering moedig Suid-Afrikaners aan om in Mandela-maand deel te neem aan aktiwiteite en hulp te verleen waar nodig. In hierdie maand kry mense die kans om die lewe en nalatenskap van wyle president Nelson Mandela te gedenk deur diens aan ander en sterker gemeenskappe te bou wat meer vir…
16 Jul 6AM 1 min

LLPBN wysig handelpermitstelsel

Die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukteraad het wysigings aan sy handelspermitstelsel aangekondig om streeksbemarking en handelsfasilitering te verbeter. Die standaardbedryfsprosedures is aangepas om eienaarskapveranderinge van beheerde produkte in geregistreerde fasiliteite toe te laat. Kosmos 94.1 Nuus het met die raad se waarnemende uitvoerende hoof van handel en bemarking, Ace Mutelo, gepraat.
16 Jul 6AM 1 min

Groter meerderheid druip leerlinglisensietoets

Die implementering van die Gerekenariseerde Leerlinglisensietoetsing-stelsel het 'n buitengewoon hoë mislukkingskoers aan die lig gebring. Tydens die loodsfase van die nuwe digitale stelsel by die Okahandja NaTIS-sentrum het die mislukkingskoers 'n verstommende 86 persent bereik. Uit 450 aansoekers wat oor 'n tydperk van twee weke getoets is, het slegs 14…
16 Jul 6AM 1 min

Etosha-werknemers eis sardynkwota

Meer as 430 werknemers van Etosha Fishing Corporation het weer eens 'n petisie by die landbouministerie ingedien vir die onmiddellike vrystelling van sardynkwotas, en gesê dat voortgesette vertragings hul lewensbestaan bedreig. Die werkers beskuldig die regering daarvan dat hulle nie 'n verbintenis van Junie vanjaar nagekom het om die toekennings…
16 Jul 6AM 1 min

Venaani bepleit herlewing van Uvhungu Vhungu

PDM-leier McHenry Venaani doen 'n beroep op die dringende herlewing van die dormante Uvhungu Vhungu-melkplaas in Kavango-Oos en sê Namibië moet vinnig beweeg om sy sukkelende suiwelsektor te herbou. Venaani het president Netumbo Nandi-Ndaitwah versoek om 'n omkeerplan vir suiwelproduksie te implementeer, en verwys na Botswana se onlangse invoer van…
16 Jul 6AM 1 min

Oorskot van twee vryheidsvegters uit SA gerepatrieer

Die regering het bevestig dat die oorskot van 84 Namibiërs geïdentifiseer is wat in gevangenisskap in Suid-Afrika oorlede en begrawe is. 'n Hoëvlak Namibiese afvaardiging was vir vyf dae in Kaapstad om 'n historiese sending van stapel stuur om die oorskot van twee bevrydingshelde, Simon Petrus Nilenge en Festus Nehale,…
16 Jul 5AM 1 min

Ellis gesels oor spankeuse vir Afrikabekertoernooi in Marokko

Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, erken dit was moeilik om 'n finale groep saam te stel vir die Afrikabekertoernooi vir vroue in Marokko. Die groep van 26 word môre aangekondig uit die voorlopige groep van 31 wat tans ʼn oefenkamp bywoon. Die verdedigende kampioen is saam met Ivoorkus, Burkina…
16 Jul 5AM 1 min

SAPD keer amper 9 000 migrant in 2 weke aan

Die polisie het die afgelope 14 dae 8 896 immigrante landswyd in hegtenis geneem vir oortreding van die Immigrasiewet in 'n versterkte poging om die wet af te dwing. Van hierdie individue staar ook bykomende klagte in die gesig. Dit sluit in ernstige en geweldsmisdaad, insluitend moord, verkragting en die…
16 Jul 4AM 1 min

Kenner sê VSA stuur op 'n ramp af

Amerikaanse president Donald Trump verwys gereed na Herbert Hoover, wat die VSA gelei het tydens die Groot Depressie wat in 1929 begin het. Hy maak herhaaldelik melding van die feit dat hy nie Herbert Hoover wil wees nie maar, nou sê 'n Amerikaanse politieke wetenskaplike, professor Robert Pape dat Trump…
16 Jul 4AM 1 min

Trump waarsku Iran om 'hom te gedra'

Amerika se weermag het Woensdagaand ʼn nuwe reeks aanvalle teen Iran uitgevoer. Hy sê dit was gemik op Iran se militêre vermoë om vaartuie te bedreig wat vryelik deur die Straat van Hormuz beweeg. Dit volg nadat Iran beweer het hy het Amerikaanse militêre teikens in die streek aangeval, insluitend…
16 Jul 3AM 1 min
140 – 160