Die Verkiesingskommissie sê 546 politieke partye sal op 4 November aan die plaaslike regeringsverkiesing deelneem, wat 75-persent van alle geregistreerde partye verteenwoordig. Twee-honderd en 27 nasionale partye, 33 provinsiale partye, 49 metropolitaanse partye en 237 distriksvlakpartye het kandidate benoem. Die OVK se voorsitter, Mosotho Moepya, het op 'n nuuskonferensie gesê…
Die Katima Mulilo-dorpsraad het sy verbintenis herbevestig om plaaslike ekonomiese platforms te vestig wat jongmense in staat stel om volhoubare lewensbestaan binne hul eie streek te bou. Tydens die amptelike opening van die 9de Zambezi Bream and Cultural Expo, het burgemeester Kabende Kabende gesê dat die fees dien as 'n…
Die IPC het 'n historiese mosie van wantroue in die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila ingedien, waarin gevra word vir haar sensuur en verwydering uit haar amp. Die mosie is vanmiddag deur die IPC-LP, Michael Mulunga, ingedien en is die eerste van sy soort sedert Namibië se onafhanklikheid…
Damara-vroue berei voor vir 'n nasionale indaba wat van 4 tot 6 September in Windhoek sal plaasvind. Die byeenkoms bring 38 groepe van dorpe dwarsoor die land bymekaar, en sal sowat 1 000 mense oor drie dae akkommodeer. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die geleentheid, Steffie Skrywer,…
Die Swakopmund-munisipaliteit stel voor om die maksimum aantal honde wat per geregistreerde eiendom toegelaat word van vier na twee te verminder. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die munisipale woordvoerder Linda Mupupa verduidelik dat die voorgestelde beperking streng per geregistreerde erf geld eerder as per huishouding. Diere moet…
Die AR-leier, Job Amupanda, het die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, daarvan beskuldig dat sy ongeorganiseerd en onbevoeg is om die parlement te lei, en gesê haar leierskap dra by tot die instelling se probleme. Tydens 'n AR-perskonferensie vandag in Windhoek het Amupanda Swapo daarvan beskuldig dat hy…
Teenstropery spanne in die Omaheke-streek waarsku dat stropers veldbrande stig om nooddienste van teikenplase weg te lok. Rickus Spangenberg van die K9 Anti-Poaching Unit het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat terwyl sy spanne brandbestrydingstoerusting ontplooi om boere te help, die gevolglike chaos maklike geleenthede vir stropers skep.
Die plaaslike firma R&J Steytler Consultancy het 'n ooreenkoms met die Beijing-gebaseerde Regene Investment in Windhoek onderteken, om die gaping te oorbrug tussen die vaardighede wat deur onder andere mynbou- en oliemaatskappye gevra word, en wat plaaslike beroepsopleidingsgegradueerdes kan bied. Yubo Wang, die medestigter van Regene Investment, sê die vennootskap…
Die voormalige hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, het aan die Madlanga-kommissie bevestig die sakeman Malcolm X was 'n informant. Lebeya het aanvanklik geaarsel voor hy toegegee het. Die bevestiging volg na die klopjag op die sakeman Katiso "KT" Molefe se huis. Malcolm X het voorheen ontken dat hy 'n…
Die DA sê die Gautengse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling moet rekenskap gee oor die inenting van diere teen bek-en-klouseer. Dit volg nadat die departement erken het slegs 540 000 diere is teen die siekte ingeënt terwyl hy meer as 757 340 entstofdosisse ontvang het. Bronwynn Engelbrecht van die…
Joseph Kauandenge se Asoli Progressiewe Party het amptelik by die Afrika Demokratiese Alliansie vir Vryheid en Vooruitgang aangesluit en is die eerste Namibiese politieke party wat in die kontinentale netwerk aanvaar is. Die netwerk, onder voorsitterskap van Build One South Africa-leier Mmusi Maimane, verenig 48 organisasies van 25 lande om…
Die Namibiese aflewering van die internasionale Falling Walls Lab-kompetisie is pas afgehandel. Tydens die geleentheid moes jong navorsers baanbrekersoplossings in net drie minute aanbied. Op die kantlyn het die Nasionale Kommissie vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie se senior tegnoloog Jacobine Amutenya aan Komsos 94.1 Nuus gesê dat idees kommersiële befondsing…
Die Padvragvereniging sê die jongste verhoging in die brandstofprys beklemtoon weer hoe blootgestel die bedryf aan die wisselvalligheid van die wêreld se oliemarkte is. Albei grade petrol styg met 1-Suid-Afrikaanse rand-34-sent per liter, terwyl diesel tussen 2-rand-93-sent en drie-rand-15-sent per liter meer kos. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gavin Kelly,…
Boere en afgevaardigdes word aangemoedig om gou te registreer vir die Namibiese Landbou-unie en die Veeprodusente-organisasie, LPO, se streeksvergaderings, wat van 5 tot 9 Oktober plaasvind. Boereverenigings word aangemoedig om waar moontlik ekstra afgevaardigdes te registreer, wat meer lede die kans gee om deel te neem aan belangrike besprekings wat…
Maatskaplike aktivis Rosa Namises het gereageer op die Biddag wat vir 12 September beplan word en drankverkope wat daardie dag opgeskort sal word. Sy sê die regering moet 'n noodtoestand afkondig oor die toenemende geslagsgeweld en wydverspreide alkoholmisbruik in Namibië. Veral omdat die twee gekoppel is.
Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, het Frankryk se wetsontwerp om die invoer, uitvoer en heruitvoer van jagtrofeë van sekere spesies te beperk, in absolute terme verwerp. Kosmos 94.1 Nuus het met Napha se president, Hannes du Plessis, gesels wat sê dat Europa nie in ‘n posisie is om vir Namibië…
Tennis-legende Roger Federer sê sy meer as twee-dekade-lange tennis loopbaan hou baie spesiale herinneringe in. Federer is die afgelope naweek amptelik in die Tennis Hall of Fame ingelyf. Tydens ‘n onderhoud met CNN Sports het hy gesê, as hy kon kies, so hou ‘n hele lys legendes wil aanvat op…
2 Sep 5AM
1 min
1300 – 1320
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.