Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1280 – 1300

Sluiting van Amerikaanse regering dring vyfde week binne

Die Amerikaanse regering begin nou sy vyfde week gesluit. Met vervoer, veral by lughawens wat vertraag word met toenemende siekdae wat geneem word deur personeel wat ‘n maand nie betaal is nie, is die mees kritieke sperdatum vir SNAP, die voedselkoepon-program vir 42 miljoen armoedige Amerikaners. Die befondsing sal op…
29 Oct 3AM 1 min

Kommer oor wankelrige wapenstilstand in Gaza

Daar is kommer oor die toekoms van die wapenstilstand tussen Hamas en Israel, na die Israeliese premier Benjamin Netanyahu Dinsdagaand aanvalle op Gaza beveel het. Dit was nadat hy Hamas beskuldig het dat hulle die ooreenkoms verbreek het deur Israeliese troepe aan te val. Sky se Adam Parsons berig uit…
29 Oct 2AM 1 min

Waar's die boeliebeleid?

Die Parlement se portefeuljekomitee oor Basiese Onderwys het kommer uitgespreek oor die gebrek aan omvattende anti-boeliestrategieë in skole. Dit volg op die voorval by Milnerton High School in Kaapstad, waar 'n graad 10-leerder geboelie en aangerand is. Agt graad-11 leerlinge het verlede week in die hof verskyn en is aangekla…
29 Oct 2AM 1 min

N$5m vir sanitêre doekies is pleisterplak

Die regering se aankondiging om jaarliks 5 miljoen Namibiese dollar toe te ken vir die voorsiening van sanitêre doekies aan skoolmeisies het gemengde reaksies uitgelok. Rinaani Musutua van die Ekonomiese en Maatskaplike Geregtigheidsnetwerk het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hoewel die stap prysenswaardig is, behandel dit slegs die simptome…
29 Oct 1AM 1 min

Aantygings van Franse inmenging in Afrika-verkiesings

Die Afrika Mayibuye-beweging het die Afrika-Unie versoek om die uitslae van die onlangse verkiesings in Kameroen en die Ivoorkus te verwerp. Afrika Mayibuye sê die proses was onregverdig en het gehelp om ou leiers aan bewind te hou. Sydney Baloyi van die beweging glo Kameroen se president, Paul Biya, wat…
29 Oct 1AM 1 min

Dorsland: Beloning bereik N$800 000

Die stroop van Dorsland, die swart renosterkoei wat dragtig was, en haar kalfie in die Sorris Sorris-bewarea, kring steeds uit. Conservation Travel Namibia is besig om 'n beloning van 'n miljoen Namibiese dollar bymekaar te maak vir enigiemand wat inligting kan verskaf wat sal lei tot die stropers se inhegtenisname…
29 Oct 1AM 1 min

Jeug sokkertoernooi vind die naweek plaas

Die Julinho Athletic Sokker-akademie sal sy hoogs verwagte jeug sokkertoernooi aanbied van Vrydag tot Sondag by die Akademie Sokker Arena in Rieckmannstraat, Pionierspark. Die toernooi spog met Ino Harith Capital en Demshi Investment Holdings as die hoofborge. Jong spelers van onder-7 tot onder-17 sal vaardigheid, spanwerk en sportmanskap tydens 'n…
29 Oct 1AM 1 min

Kenner sê mynbou moet eerder fokus op verwerking as ontginning

Namibië se mynbousektor maak gereed vir 'n massiewe uitbreiding van 48 miljard Namibiese dollar, wat glo meer as 18 000 nuwe werksgeleenthede in die volgende vier jaar sal skep. Maar arbeidsdeskundige Herbert Jauch sê daardie syfers moet met omsigtigheid hanteer word. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Jauch…
29 Oct 12AM 1 min

Kandidaat-registrasie: LPM is gereed om hof toe te gaan

Die Landless People’s Movement ontken hulle kandidate se name vir die komende verkiesings was laat ingedien, en blameer die Verkiesingskommissie van Namibië se aanlyn stelsel vir tegniese mislukkings. Dit kom na mediaberigte dat die party laat was met voorleggings in 28 plekke. LPM-woordvoerder Lifalaza Simataa het aan Kosmos 94.1 Nuus…
29 Oct 12AM 1 min

Prunella Scales, of te wel Sybil Fawlty, sterf op 93

Prunella Scales, geliefde Britse aktrise veral bekend as Sybil Fawlty, is op 93 oorlede. Terwyl sy talle rolle vertolk het en ‘n Bafta gewen het, is sy veral bekend vir haar uitbeelding van die skerptongige en heerssugtige hoteleienaar se vrou, Sybil Fawlty, in die klassieke 1970's-sitkom Fawlty Towers, saam met…
29 Oct 12AM 1 min

Melissa: Jamaika is rampgebied, Kuba wag in spanning

Orkaan Melissa is op pad na die ooste van Kuba nadat dit oor Jamaika beweeg het. Dis die ergste storm in moderne geskiedenis wat dié Karibiese nasie tref. Dit het afgeneem tot ʼn kategorie 3-storm, maar sal na verwagting steeds winde van tot 125 kilometer per uur bereik. Melissa het…
28 Oct 11PM 1 min

Toep vergemalik Erongo RED-kliënte se lewens

Die Erongo Streekselektrisiteitsverspreider, Erongo RED, het 'n mobiele toepassing bekendgestel wat kliënte toelaat om enige tyd elektrisiteit te koop, hul rekeninge te betaal, foute aan te meld en toegang tot sleuteldienste te kry. Uitvoerende hoof Tino !Hanabeb sê die aanvanklike begroting om die toep te ontwikkel was 5 miljoen Namibiese…
28 Oct 11PM 1 min

Cedric Willems kry N$200 000 borgtog

Die Namcor-bedrogbeskuldigde Cedric Willemse is borgtog van 200 000 Namibiese dollar toegestaan in die Windhoek-landdroshof. Landdros Olga Muharukua het beslis dat die staat nie geloofwaardige bewyse gelewer het wat toon dat Willemse moontlik met ondersoeke of getuies kan inmeng nie. Willemse moet daagliks by die ondersoekbeampte aanmeld en in Windhoek…
28 Oct 11AM 1 min

Dieselfde AK-47 gebruik in moord op Armand Swart, DJ Sumbody en ander

Die polisie se senior forensiese ontleder, Solomon Modisane, het onthul dat dieselfde AK-47-geweer gebruik is in die moorde op die ingenieur Armand Swart, DJ Sumbody, DJ Vintos en die sakeman Don Tindleni. Modisane, wat vanaf 'n ander bestemming voor die Madlanga-kommissie getuig, sê die patroondoppies op al vier misdaadtonele stem…
28 Oct 11AM 1 min

Geen nuwe M-pokke gevalle aangemeld

Geen nuwe gevalle van M-pokke is tot vandag toe aangemeld nie. Woordvoerder van die ministerie van gesondheid, Walters Kamaya, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die twee pasiënte in Swakopmund in 'n stabiele toestand bly en behandeling ontvang. Verder is daar geen veranderings nie.
28 Oct 10AM 1 min

Langbaanrenne die naweek op Tony Rust-renbaan

Dis weer tyd vir langbaanrenne die naweek op die Tony Rust-renbaan. Volgens Francois Lottering is bestuurders van Suid-Afrika en Angola ook ingeskryf. Hekke maak nege-uur oop met oefenrondes wat 11-uur begin en die teer wat vanaf half-drie begin brand. Lottering het meer.
28 Oct 10AM 1 min

NNN in energieministerie beteken 'geen oorsig deur NV'

Reaksie is ontvang oor president Netumbo Nandi-Ndaitwah se besluit om minister Natangwe Ithete af te dank. Die stap het grondwetlike debat ontketen. Bestuurskenner Pius Dunaiski het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hoewel Namibië se hibriede stelsel die president onder sekere omstandighede mag toelaat om 'n ministeriële rol te vervul,…
28 Oct 10AM 1 min

Venaani steun Sankwasa se reis- en S&T-verbod

Die PDM-leier McHenry Venaani het sy steun uitgespreek vir stedelike en landelike ontwikkeling-minister James Sankwasa wat streeksraadlede die koste van ongemagtigde reise self sal laat dra. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Venaani gesê dat regeringsamptenare aanspreeklikheid moet toon en moet verseker dat elke reis 'n werklike doel…
28 Oct 10AM 1 min

NIPDB wen globale toekenning vir groenwaterstof-werk

Die Namibiese Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad het die 2025 Beleggingsuitnemendheidstoekenning van die Wêreldvereniging van Beleggingsbevorderingsagentskappe in die kategorie Innoverende Beleggingsbevorderingsveldtog gewen. Die toekenning is tydens die Wêreldbeleggingskonferensie in Sharjah, Verenigde Arabiese Emirate, oorhandig. Die raad is erken vir sy werk om groenwaterstof as 'n nuwe en opwindende beleggingsgeleentheid vir Namibië te…
28 Oct 9AM 1 min
1280 – 1300