Vooraanstaande geestesgesondheidswerkers het kommer uitgespreek oor die Namibiese Vereniging van Mediese Hulpfondse, Namaf, se Februarie-tariefopdatering wat 'n vaste tarief vir alle psigiatriese konsultasies vasstel. Dit behandel ook komplekse assesserings en nood-selfmoordkrisisse dieselfde as roetine-ondersoeke. Die groep psigiaters, sielkundiges, maatskaplike werkers en privaat praktisyns sê die skuif devalueer geestesgesondheidsorg en bedreig…
Die stedelike en landelike ontwikkeling-minister, James Sankwasa, verdien volgens kommentators lof vir sy proaktiewe benadering, na hy 'n regsopleidingswerkswinkel vir tradisionele leiers in die Kavango- en Zambezi-streke aangebied het. Die werkswinkel het gefokus op regsbeginsels, geslagsgelykheid en menseregte, met die doel om tradisionele howe met internasionale standaarde in lyn te…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het vandag die Keniaanse Hoë Kommissariaat in Windhoek besoek, waar sy die meegevoelboek ter ere van voormalige Keniaanse premier Raila Odinga onderteken het. Odinga is op 15 Oktober op 80-jarige ouderdom oorlede. Nandi-Ndaitwah het gesê Odinga se dood het nie net Kenia nie, maar ook die Afrika-kontinent…
Ontbossing het die afgelope dekade wêreldwyd in elke streek afgeneem. Dit is volgens nuwe data van die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie. Die data toon die wêreld het die afgelope dekade elke jaar sowat 10,9-miljoen hektaar woude verloor. Woude bedek steeds sowat 4,14-miljard hektaar of ongeveer een derde van…
Regter Marlize du Plessis het die Fishrot-beskuldigde Sacky Shanghala se aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys. Die voormalige justisieminister wou teen haar vorige uitspraak, wat hom slegs beperkte toegang tot bykomende dokumente gegee het, appelleer. In haar beslissing het Du Plessis verklaar dat Shanghala geen buitengewone omstandighede…
Statistieke Suid-Afrika sê die jaarlikse verbruikersinflasie het in September effens gestyg tot 3,4-persent teenoor 3,3-persent in Augustus. Die toename is hoofsaaklik die gevolg van hoër pryse vir vervoer, restaurante en verblyf, terwyl inflasie vir voedsel en nie-alkoholiese drankies effens gedaal het. Vleispryse het tot hul hoogste vlak sedert 2018 gestyg,…
Die handels- en internasionale betrekkinge-ministerie het amptelik sy vyfjaar strategiese plan, wat tot 2030 strek, bekendgestel. Die plan word aangedryf deur sewe nasionale ontwikkelingsprioriteite. Dit is vanoggend deur minister Selma Ashipala-Musavyi in Windhoek bekendgestel.
Gauteng se adjunkpolisiekommissaris, Fred Kekana, sê hulle sal geen steen onaangeroer laat om die verdagtes op te spoor wat betrokke was by gistermiddag se skietery in Westbury, wes van Johannesburg nie. Twee tieners is doodgeskiet en vyf ander is gewond in wat die polisie glo 'n bendeverwante skietery was. Die…
Dit blyk asof opgewondenheid oor Namibië se groenwaterstof-toekoms begin vervaag. Die Duitse kragverskaffer, RWE, het hom aan die Hyphen-groen ammoniakprojek onttrek, gevolg deur die bedanking van die groenwaterstof kommissaris, James Mnyupe. Vandeesweek het Olthaver & List hul aandele in Cleanergy Solutions Namibia verkoop. Alle partye hou egter vol dat hulle…
Die Stampriet Akwifer Uraanmynbouvereniging, Sauma, het verlede week hul jaarlikse vergadering in Aranos gehou. Daar was groot afwagting vir die geleentheid, aangesien daar gemengde boodskappe van die regering kom oor die omstrede uraanontginning deur in-situ loging. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sauma se vise-voorsitter, Wolfi Teichert, vir 'n opdatering…
’n Nuwe Namibiese rekordprys van 650 000 Namibiese dollar is Dinsdagaand by die Sim Xtravaganza-veiling by die Bank Windhoek Agra-ring in die hoofstad behaal. Dié prestasie behoort aan teler Hardus Breedt en dekende Simbrabul Rumba Kelloggs. Rumba Kelloggs is ook onlangs by die Grootfontein- en Windhoek Skou vereer. Kosmos 94.1…
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê handelsgesprekke met Amerika vorder goed. Dis egter onwaarskynlik dat die regering toegewings oor plaaslike beleid sal maak as deel van die onderhandelinge. Amerika het in Augustus tariewe van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoere na dié land gehef wat duisende werksgeleenthede in…
Dit gons internasionaal oor die beraad wat Amerikaanse president Donald Trump met sy Russiese eweknie Vladimir Putin oor die Oekraïnse oorlog sou gehad het, wat skielik afgestel is. Die verdedigingsanalis Michael Clarke het aan SkyNews gesê Rusland en Amerika se buitelandse sake-ministers sal in elk geval eers moet vergader, voordat…
Getuie A het aan die Madlanga-kommissie gesê die sakeman Katiso “KT” Molefe, wat beskuldig word van moord, tenderbedrog en beweerde bande met die 'Groot Vyf'-misdaadkartel, word verbind aan 'n groep van vyf mense betrokke by mynbou in Noordwes. Hy sê een lid, 'n man bekend as Ze van Sandton, is…
Die Namibië Lughawensmaatskappy het wins aangeteken in die vorige boekjaar. Die maatskappy skryf die sukses toe aan internasionale vlugte wat toeneem, en meer groei word verwag. In die komende jaar gaan Edelweiss en Proflight direkte vlugte van Namibië na Zurich en Lusaka aanbied. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder…
Finansminister Ericah Shafudah, het die voltooiing van 63 boorgate en 'n landwye vee-inentingsveldtog aangekondig, as deel van mediumtermyn-begrotingsopdaterings. Groot waterprojekte, insluitend gronddamme in sleutelstreke, is ook op koers vir voltooiing teen die einde van die jaar.
President Donald Trump sê sy vergadering met sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, is af omdat hy nie ‘n verkwiste vergadering wou hê nie. Dit Withuis sê die twee sal nie binnekort sal ontmoet nie. Die twee leiers het verlede week ná ʼn telefoongesprek wat Trump as uiters reguit en produktief…
Namibië is die gasheer van vanjaar se Internasionale Konferensie van Sirkulêre ekonomie, Hernubare energie en Groenwaterstof in Afrika. Die konferensie beoog om gesprekke in Afrika aan te moedig om moderne en volhoubare energie bronne te implementeer. Die konferensie vind in die hoofstad plaas en sluit in akademici van regoor Afrika…
22 Oct 2AM
1 min
1440 – 1460
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.