Die UDM se jeugorganisasie eis dat die regering 'n plan moet skep om die voortdurende toename in tiener- en kinderswangerskappe in Suid-Afrika aan te pak. Die woordvoerder, Zintombi Sododile sê volgens onlangse verslae het 31 000 meisies tussen 10- en 19-jaar-oud die afgelope jaar in KwaZulu-Natal geboorte gegee en meer…
Gemengde boodskappe word versprei oor die land se MIV/Vigs programme wat gelei word deur die Amerikaanse Pepfar-program. Volgens aktiviste werk die program nie meer nie en het baie hulle werk verloor na president Donald Trump USAid stopgesit het. Die gesondheidministerie het al telkemale aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy befonds…
Beweerde korrupsie by die nasionale uitsaaier is in die Nasionale Vergadering na vore gebring. Volgens die IPC-parlementslid John-Louw Mouton is die NBC agterstalig met belastingbetalings terwyl bestuurders by die uitsaaier die wêreld vol rondrits. Mouton het die inligtingministerie kennis gegee van vrae wat op 16 Oktober beantwoord moet word, al…
Volgens die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing se nuutste verslag oor openbare verkryging is die wydverspreide gebruik van vrystellings om mededingende tenderprosesse te omseil, hoofsaaklik polities gedrewe. Die Swapo-party se manifes-implementeringsplan vereis wat effektief neerkom op die oorbenutting van vrystellings om die beoogde uitkomste te bereik wat in die ontwikkelingsraamwerk tot…
Getuie X het aan die Madlanga-kommissie in Pretoria beweerde korrupsie en geheime bande tussen senior polisiebeamptes en sakefigure onthul. Getuie X het aanlyn getuig en omvattende WhatsApp-boodskappe verskaf wat op noue bande dui tussen die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala en die KwaZulu-Natalse Valke-hoof, generaal Lesetja Senona, sowel as sy seun,…
Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, sê sy spelers is geestelik voorberei vir vanaand se moet-wen Wêreldbeker-Groep C-kwalifiseerder teen Rwanda in Mpumalanga. Suid-Afrika het Vrydag sonder doele gelykop gespeel teen Zimbabwe en moet Rwanda nou klop en hoop Nigerië verslaan Benin om outomaties te kwalifiseer vir volgende jaar se…
Die familie van Ingrid Maasdorp wat ook bekend staan as Haley, in Okahandja het 'n saak by die hoërhof ingedien teen die skool. Maasdorp is op 20 Maart vermoor nadat sy by die KW von Marees Gekombineerde Skool afgelaai was. Familie het sedertdien hulle misnoeë uitgespreek omdat die skool blykbaar…
Drie vermeende polisiemoordenaars is gisteraand in Johannesburg in hegtenis geneem vir moord, poging tot moord en gewapende roof. Die Valke se woordvoerder, Katlego Mogale, sê verlede maand het adjudant-offisier Jabulani Mabuza se meisie voertuigprobleme ondervind op die Benrose-wes-oprit. Sy sê die klaer het toe vir Mabuza gebel om haar te…
Die Verenigde Nasies se Kantoor vir die Koördinering van Humanitêre Sake sê bystand in Gaza maak stadige maar goeie vordering. Die situasie op die grond is benard met miljoene wat dringend hulp nodig het. Die woordvoerder van die kantoor Olga Cherevko het met CNN gepraat oor hul pogings.
Openbare konsultasies oor voorgestelde hervormings aan die aftrekkingstelsel by staatsamptenare is tot 28 Februarie 2026 verleng. FinFit Investments het in 'n studie bevind dat sowat 83 persent van amptenare sê dit moeilik sal wees om by te hou met betalings as die stelsel eindig. Ekonoom Dr. John Steytler sê die…
Onderwysminister, Sanet Steenkamp, het 'n sewe jaar lange akademiese reis voltooi om haar PhD in onderwys te verwerf. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het sy besin oor die uitdagings van doktorale studies terwyl sy die onderwyssektor deur moeilike periodes gelei het, insluitend die Covid-19-pandemie, waartydens sy uitvoerende direkteur…
Savanna Beef rig sy visier op Europese markte na die bywoning van die 2025 Anuga Food Fair in Keulen, Duitsland. In 'n opdatering aan Kosmos 94.1 Nuus het uitvoerende hoof, Ian Collard, bevestig dat die maatskappy nie sal aansoek doen vir 'n deel van Namibië se Noorse beesvleiskwota van 1…
Met die Bank van Namibië se repokoersbesluit wat vir Woensdag vasgestel is, voorspel ekonome geen verandering nie. Panduleni Shaduka, 'n beleggingsontleder by Cirrus Capital, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat Namibië na verwagting Suid-Afrika se voorbeeld sal volg en koerse bestendig sal hou te midde van wêreldwye onsekerheid en…
Die Namibiese Akkerbouraad het 5,5miljoen Namibiese dollar uiteengesit vir die 2025/2026 finansiële jaar vir die aartappel waardekettingsontwikkeling skema. Dit vorm deel van die raad se vyf-jaar strategie vir die ontwikkeling van gewaswaardekettings. Die raad hoop om die produksie van aartappels aan te moedig met 45 boere wat ondersteuning ontvang. Kosmos…
President Donald Trump loop deur onder kritiek oor sy geskerts oor die dodelike wapens wat die VSA vervaardig en aan Israel verskaf het. Daar is menings dat hy erken hy is medepligtig aan die volksmoord in Gaza veral omdat hy gesê het Israel het die wapens baie goed gebruik. Luister…
ActionSA sê hy is bekommerd dat die Padongelukkefonds heeltemal bankrot is met onopgetekende laste van meer as 500 miljard Suid-Afrikaanse rand. Dis byna ʼn vyfde van die nasionale regering se totale jaarlikse begroting. ActionSA se woordvoerder, Matthew George, sê laste wat nie aangeteken is nie, is een van die ernstigste…
Namibiërs maak gereed vir die plaaslike- en streeksowerheid verkiesings op 26 November. Volgens die verkiesingskalender is dit nou die tydperk waarin verteenwoordigers genomineer word en daar is nou net 2 dae oor vir die politieke partye om hulle nominasies vir kandidate in te handig terwyl onafhanklike kandidate vandag hulle name…
Die 2025 Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe is toegeken aan die Amerikaners Joel Mokyr en Peter Howitt, en die Fransman Philippe Aghion. Mokyr word erken vir die koppeling van tegnologiese vooruitgang aan volgehoue groei, terwyl Howitt en Aghion vereer word vir hul kreatiewe vernietigingsteorie, wat wys hoe vernuwing verouderde produkte vervang…
Die DA eis volle deursigtigheid van die ANC oor sy kontrak ter waarde van 190 miljoen Suid-Afrikaanse rand met Ezulweni Investments vir verkiesingsmateriaal wat na bewering met strategiese vennote gedeel is. Die DA-lid, Willie Aucamp, sê die reëling kan volmagpartye bevoordeel en politieke befondsingswette oortree. Hy het bevestig die party…
Die finansministerie het openbare konsultasies oor voorgestelde hervormings aan die stelsel vir aftrekkings by staatsamptenare tot 28 Februarie 2026 verleng. Hoewel aftrekkings steeds gemaak kan word, moet hulle streng aan bestaande wette voldoen. Betalings via Avril Payroll sal slegs tot 30 November voortduur, waarna die ministerie volle beheer oor die…
14 Oct 2AM
1 min
1660 – 1680
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.