Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2880 – 2900

'n Enkele geldeenheid vir Afrika hou baie uitdagings in

Voormalige Suid-Afrikaanse president Jacob Zuma het 'n enkele Afrika-geldeenheid gevra om handel te bevorder en afhanklikheid van die Amerikaanse dollar te verminder. Ekonoom Omu Kakujaha-Matundu sê egter dat die idee tans onrealisties is. Kakujaha-Matundu het tydens 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus groot uitdagings genoem.
27 Aug 12AM 1 min

Federale doodstraf vir moord in Washington DC

President Donald Trump van Amerika sê sy administrasie sal die doodstraf vra in moordsake in Washington, DC. Die meeste moorde in Washington word onder plaaslike wetgewing hanteer, maar aanklaers mag die doodstraf vra vir misdade wat onder federale reg val. Trump het in Januarie op die eerste dag van sy…
27 Aug 12AM 1 min

Kabeldiefstal kos Erongo Red maandeliks N$500 000

Erongo Red bestee elke maand meer as 500 000 Namibiese dollar om kragtoevoer te herstel weens koperdiefstal, wat ook die watervoorsiening na dorpe en myne ontwrig. Kusdorpe soos Hentiesbaai, Swakopmund en Walvisbaai word die hardste getref. Die publiek word aangemoedig om die misdade aan te meld, omdat die geld wat…
26 Aug 11PM 1 min

TLU SA het groot kommer oor BKS en vermoë om dit te beheer

Die landbou-organisasie TLU SA is bekommerd oor die staat se gebrekkige vermoë om die bek-en-klouseer-uitbreking doeltreffend te beheer. Die siekte is in minstens vier provinsies aangemeld. TLU SA se woordvoerder, Bennie van Zyl, sê die beweging van lewende hawe sonder behoorlike beheermaatreëls vererger die situasie terwyl ekonomiese druk op boere…
26 Aug 11PM 1 min

Motorsport: Groot aksie op Grootfontein die naweek

In motorsportnuus is groot name onder die 13 inskrywings vir die vierde been van Shell V-Power-tydren Saterdag op Grootfontein. Die geleentheid is ook ter herinnering aan wyle jaer Jaco van Dyk, wat in Julie in ‘n motorongeluk oorlede is. Francois Lottering van MotorMedia Namibia het meer:
26 Aug 6AM 1 min

VN se Guterres vra ondersoek ná Gaza-aanvalle

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, vra ʼn onmiddellike en onpartydige ondersoek na dodelike Israelse aanvalle op die Nasser-hospitaal in Khan Yunis, Gaza. Minstens 20 mense, insluitend vyf joernaliste, is volgens berigte in die aanvalle dood. Die joernaliste het vir Reuters, Associated Press, Al Jazeera en die Middle East…
26 Aug 5AM 1 min

NNN koester tradisionele owerhede

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n hoflikheidsbesoek aan tradisionele leiers in die Zambezi-streek afgelê voor vandag se 35ste Heldedag-herdenking. Presidensiële woordvoerder Jonas Mbamba het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die besoek die regering se verbintenis tot sterk bande met tradisionele owerhede beklemtoon.
26 Aug 4AM 1 min

Trump vry opnuut na Noord-Korea

Die Amerikaanse president Donald Trump sê hy wil die Noord-Koreaanse leier Kim Jong-un ontmoet, moontlik vanjaar nog. Sedert Trump se inhuldiging in Januarie het Kim die Amerikaanse president se herhaalde oproepe geïgnoreer vir die herlewing van direkte diplomasie wat hy tydens sy 2017-2021-termyn in die amp nagestreef het. Dit het…
26 Aug 4AM 1 min

Stryd teen prysmonster vorder, sê Reserwebank

Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê sentrale banke vorder met die verlaging van wêreldwye inflasie. Kganyago het na sy terugkeer van die Jackson Hole Ekonomiese Simposium in die VSA, aan SABC News gesê gevare bestaan egter steeds, insluitend handelstariewe wat pryse kan verhoog. Hy is bekommerd oor…
26 Aug 3AM 1 min

Skoolhoof, onderwyser in SA aangeval

Die Suid-Afrikaanse regering het alle vorms van geweld by skole veroordeel en sê dit ondermyn onderrig, veiligheid en kinders se toekoms. ʼn Gautengse skoolhoof is verlede week met ʼn mes gesteek toe sy probeer het om ʼn geveg tussen leerders van West Ridge High en Hoërskool Roodepoort te stop. In…
26 Aug 2AM 1 min

Reën tot Vrydag voorspel

‘n Sterk bolugtrog is besig om oor Namibië in te beweeg en enkele reënbuie word vandag reeds in die Mariental-omgewing en die suidelike kusgebiede verwag. Vanaf môre gaan die stelsel versterk en goeie buie word tot Vrydag vir sekere dele van die land voorspel. Plaaslike weerkenner George van der Merwe…
26 Aug 1AM 1 min

Trump glo Putin wil oorlog in Oekraïne stop

President Donald Trump van Amerika sê hy het met sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, gepraat sedert verlede week se ontmoeting by die Withuis met president Volodymyr Zelensky van Oekraïne en ander Europese leiers. Rusland het verlede week 574 hommeltuie en 40 missiele op Oekraïne afgevuur in een van die ergste…
25 Aug 11PM 1 min

Eerste 5G-dienste 'n spel-veranderaar vir Namibië

MTC se onlangse bekendstelling van 5G-dienste in Namibië word beskryf as 'n beduidende stap vorentoe in Namibië se digitale transformasiereis. MTC beoog om sy 5G-vermoëns uit te brei om meeslepende ervarings, gevorderde speletjies, slim pakhuise, telemedisyne en slim besproeiingsoplossings te lewer. MTC-woordvoerder Erasmus Nekundi het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
25 Aug 11AM 1 min

Pityana moet praat oor Lotery-tenderskandaal, vra BOSA

BOSA sê die skielike bedanking van die voorsitter van die Nasionale Loterykommissie, Barney Pityana, voor hy eens die helfte van sy termyn uitgedien het en sonder om redes te verskaf, laat die rooiligte flikker en regverdig 'n onmiddellike ondersoek. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê Suid-Afrikaners verdien duidelikheid of Pityana…
25 Aug 11AM 1 min

Dit brand in Bwabwata Nasionale Park, lodges nog veilig

Veldbrande het in die Bwabwata Nasionale Park uitgebreek, veral noord en oos van die Divundu-Kongolo-snelweg, met berigte wat daarop dui dat die brande verder na naburige Angola versprei. 'n Sterk noordwestelike wind stoot rook af na die Kavango-streek, maar daar is tans geen onmiddellike gevaar vir toeriste-lodges in die gebied…
25 Aug 10AM 1 min

IPC brei uit in sy kritiek op Katima raadsontbinding

Die IPC beskuldig Swapo daarvan dat hulle die ontbinding van die Katima Mulilo-stadsraad gebruik om die opposisie te verswak voor November se verkiesings. Die IPC se streekkoördineerder, Elvis Lizazi, het die stap ongrondwetlik genoem en gesê Swapo betrek ander partye by sy korrupsieskandale. Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling,…
25 Aug 10AM 1 min

NNN se eerste Heldedag-hoofrede lê voor

Die inligtingsministerie verwag dat sowat 20 000 mense vanjaar se Heldedag-herdenking môre in die Zambezi-streek sal bywoon. Die tussentydse uitvoerende direkteur van die ministerie, Linda Aipinge-Nakale, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah sal die hoofrede lewer. Dit sal Nandi-Ndaitwah se eerste Heldedag-herdenking as president van Namibië wees, het Aipinge-Nakale aan die media…
25 Aug 10AM 1 min

China kry Chenin Blanc-bederfie

Die 2025 Chenin Blanc-uitdaging se toptien-wenners is aangekondig en word later vanjaar op ProWine Shanghai in China vertoon. Stellenbosch oorheers weer en spog met vier van die tien inskrywings. Boonop is drie van die vier van Stellenrust Wines, wat die gereeldste wenners in die kompetisie is. Standard Bank, wat die…
25 Aug 10AM 1 min

Loterykommissie kort dringend nuwe voorsitter: DA

Die DA maan die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, om dringend ʼn nuwe voorsitter vir die Nasionale Loterykommissie aan te stel. Dit volg na die bedanking van Barney Pityana. ʼn DA-woordvoerder, Toby Chance, sê die minister moenie sy voorganger, Ebrahim Patel wat 18 maande gevat het om…
25 Aug 9AM 1 min

Fleetwood wen Toerkampioenskap, sy eerste PGA-toertitel

Gholf: Tommy Fleetwood van Engeland het met sy 164ste poging sy eerste PGA-toertitel verower deur die Toerkampioenskap en ook die FedEx-beker te wen. Die 34-jarige Fleetwood het drie houe vóór Patrick Cantlay en Russell Henley van Amerika geëindig. Hul landgenoot en die verdedigende kampioen, Scottie Scheffler, was met nóg 'n…
25 Aug 9AM 1 min
2880 – 2900