Zim maak ommekeer, sal burgers help huis toe kom

Loading player...
Zimbabwe se president, Emmerson Mnangagwa, sê sy regering is gereed om burgers te ondersteun wat uit Suid-Afrika terugkeer ná die betogings teen onwettige immigrante. Dit volg nadat betogings reg oor Suid-Afrika vrese onder buitelandse burgers veroorsaak het, met verskeie buurlande wat burgers tans help om terug te keer huis toe. Mnangagwa sê die Zimbabwiese regering sal maatskaplike beskerming, tydelike bystand en berading aanbied:
3 Jul 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ramaphosa glo die ANC sal baie hê om te vier ná die verkiesing

Die ANC-president Cyril Ramaphosa het vertroue uitgespreek in die party se verkiesingsvooruitsigte vir die plaaslikeregeringsverkiesing en gesê dat daar sal baie wees om te vier ná die verkiesing op 4 November. Hy het gister gepraat tydens 'n deur-tot-deur-veldtog in Soweto. Daar word verwag dat Soweto 'n belangrike strydveld in die…
26 Oct 2AM 1 min

Todd Blanche ontken bewerings dat Trump middeltermynverkiesing probeer ondermyn

Die Amerikaanse prokureur-generaal,Todd Blanche, het bewerings ontken dat president Donald Trump beplan om die uitslae van volgende maand se middeltermynverkiesing te ondermyn. Dit volg nadat die Departement van Justisie ’n regsgeding aanhangig gemaak het om die sertifisering van Alaska se Senaatsverkiesing te blokkeer, sou die sittende Republikeinse senator, Dan Sullivan,…
26 Oct 1AM 1 min

SA polisie sê sy aanlyn werwingsveldtog lok steeds groot belangstelling

Die Suid Afrikaanse polisie sê sy aanlyn werwingsveldtog lok steeds groot belangstelling, met meer as 300-duisend registrasies wat in net meer as drie dae aangeteken is. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê meer as 232-duisend aansoekers het die profiel-verifikasieproses voltooi, terwyl meer as 190-duisend reeds met hul aansoeke begin het. Sy…
26 Oct 1AM 1 min

Eagles maak geskiedenis met oorwinning oor Ierland

Namibië het Saterdag geskiedenis gemaak met sy eerste eendag-oorwinning teen ’n volle lidland van die Internasionale Krieketraad. Die Eagles het Ierland met 31 lopies geklop in die tweede van vyf wedstryde, wat die reeks nou op een oorwinning elk te staan bring. Die spanne pak mekaar Dinsdag in die derde…
26 Oct 12AM 1 min

RMB help bring NaTIS-dienste nader aan afgeleë gemeenskappe

Die uitvoerende hoof van RMB Namibië, Daniel Motinga, sê die bank se bydrae van 75 000 Namibiese dollar tot die NaTIS on Wheels-inisiatief sal help om die hoë koste van infrastruktuur te verlig en noodsaaklike lisensie-dienste na afgeleë gemeenskappe te bring. Motinga sê die oorbrugging van afstand-s-hindernisse deur vennootskappe met…
26 Oct 12AM 1 min