Gholf: Tommy Fleetwood van Engeland het met sy 164ste poging sy eerste PGA-toertitel verower deur die Toerkampioenskap en ook die FedEx-beker te wen. Die 34-jarige Fleetwood het drie houe vóór Patrick Cantlay en Russell Henley van Amerika geëindig. Hul landgenoot en die verdedigende kampioen, Scottie Scheffler, was met nóg 'n…
Swaar verkeer word landwyd verwag terwyl Namibië Heldedag herdenk. Die Namibiese polisie doen 'n beroep op alle padgebruikers om versigtigheid, geduld en verantwoordelikheid te beoefen terwyl hulle op die paaie is. Adjunk-kommissaris Rozario Coetzee het in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus die belangrikheid beklemtoon om reisreëlings vooraf te tref…
Die ANC veteraan en voormalige minister, Naledi Pandor, sê die party het sy glorie verloor en het vergeet dat hy bestaan om die mense te dien. Sy was Sondag 'n spreker by die Gertrude Shope-gedenklesing in Pretoria. Shope is in Mei vanjaar oorlede op die ouderdom van 99. Pandor sê…
AMTA en Nipam het 'n ooreenkoms onderteken om voedselveiligheid en -sekerheid te bevorder. Die ooreenkoms sluit gesamentlike navorsing, kennisdeling en verbeterde bedrywighede in, met 'n tegniese komitee wat projekimplementering en innovasie sal lei. Nipam se bemarkingsbestuurder, Johannes Hatutale, het meer.
EFF-leier Julius Malema sê mede-Afrikane is nie die oorsaak van Suid-Afrika se hoë werkloosheidsyfer nie, want die ware vyand is ʼn onhervormde ekonomie in die hande van die wit minderheid en multinasionale ondernemings. Hy het Sondag die hoofrede gelewer by die opening van die Nigeriese Balievereniging se jaarlikse algemene konferensie…
Die Kankervereniging van Namibië bied op 27 September die tweede jaarlikse Liberty Chica Familie Pretdag op 27 September 2025 aan. Die geleentheid samel fondse in vir die Chica-fonds, wat kinders met kanker en hul gesinne ondersteun deur verblyf, maaltye, vervoer en sorg by die Chica Interim Home, asook hulp aan…
Die regering beplan 200 000 nuwe elektrisiteitsverbindings teen 2030 te bewerkstellig. Hul mikpunt vir 2040 is 400 000 wat miljarde sal kos. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike energiekenner Harold Schütt oor die haalbaarheid van dié teikens gepraat.
Die Suid-Afrikaanse sterre Akani Simbine, Bayanda Walaza en Prudence Sekgodiso het die baan gedeel in die voorlaaste Diamantliga-byeenkoms in Brussel, België, met groot name soos die wêreldkampioen Sha’Carri Richardson van Amerika en die veteraan Jamaikaanse naelloper Shelly-Ann Fraser Pryce. Namibië se Christine Mboma en Beatrice Masilingi was egter nie daar…
Die aanvullende kiesersregistrasie vir die plaaslike owerheid-verkiesings is van 4 tot 19 Augustus gehou, met minder wat geregistreer het as wat verwag is, in terme van die hoeveelheid jeugdiges wat 18 geword het sedert die laaste algemene verkiesing. Die Verkiesingskommissie sê tussen 4 en 10 Augustus het 19 359 kwalifiserende…
Die Forum for South Africa vra die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, om dringend beleid in te stel wat sal seker maak akteurs en aktrises ontvang voor en na hul dood tantième vir hul werk. Die minister is gekritiseer oor sy teenkanting teen die Wysigingswetsontwerp op Kopiereg…
Stedelike ontwikkelingsminister James Sankwasa se afdanking van Katima Mulilo se dorpsraad is ‘n aanval op die demokratiese keuse van die dorp se inwoners, sê die Landless People’s Movement. Sankwasa voer aan die afdanking was in terme van die wet op plaaslike owerhede, en spruit uit die raad wat sonder ministeriële…
Politieke leiers in Chicago kritiseer 'n voorstel wat president Trump laat verlede week gemaak het dat hy binnekort Nasionale Wag-troepe na die strate van die Middeweste-metropool sal stuur om misdaad te bestry. Burgemeester Brandon Johnson, 'n Demokraat, sê dat Trump se benadering ongekoördineerd, ongeskik en ongesond is.
Die vakbond Numsa het vir die voertuigsektor ʼn loonooreenkoms vir die volgende drie jaar onderteken wat bo inflasie is. Dit dek 300 000 werkers wat onder die bedingingsraad vir die motorbedryf val. In die eerste jaar ontvang werkers ʼn loonverhoging van 6 persent en in die tweede en derde jaar…
Amerika se visepresident, JD Vance, sê Rusland het aansienlike toegewings gemaak in samesprekings om sy oorlog teen Oekraïne te beëindig. Rusland se minister van buitelandse sake, Sergey Lavrov, het volgehou dat enige veiligheidswaarborge aan Oekraïne, ook Rusland en sy grootste bondgenoot, China moet betrek, sowel as die VSA, die Verenigde…
Die voormalige Britse nasionale veiligheidsadviseur Lord Peter Ricketts is van mening dat Rusland en president Vladimir Putin verkeerd bereken het deur die Oekraïne in 2022 aan te val. Hy sê alles wat Rusland gevrees het, is reeds hier.
Eskom sê sy operasionele vordering spruit uit die opwekkingsherstelplan wat in Maart 2023 ingestel is. Hy voeg by dit word toegeskryf aan die toewyding van spanne wat daaraan werk om die nasionale netwerk te bestendig en te versterk. Die kragverskaffer het Sondag 100 agtereenvolgende dae sonder beurtkrag gevier. Eskom-woordvoerder Daphne…
Die hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid, Andy Mothibi, het bevestig dat daar stappe gedoen is om die onwettige kontrakte by die Tembisa-hospitaal te kanselleer. Mothibi het bevestig dat 111 amptenare by vier korrupsiesindikate betrek word. Tugprosesse word gevolg en sommige is reeds ontslaan. Hy het ook bevestig dat bates ter…
Die EU-rolprentfees 2025 sal die jeug as dryfvere van verandering beklemtoon deur jong kreatiewe mense en plaaslike rolprentmakers te ondersteun. Tydens die bekendstelling in Windhoek het die EU-adjunk-sendinghoof, Ian Dupont, gesê die fees sal inisiatiewe soos Kino Namibia ondersteun, wat onlangs 78 jongmense in basiese rolprentvervaardiging opgelei het.
Die sesde been van die 2025 Nasionale MotoCross-kampioenskappe is die naweek by die Gallina-baan net buite die hoofstad aangebied. Daar is 38 ryers in nege klasse. Francois Lottering het meer oor die geleentheid en daar is ook baie goeie nuus vir die sportkode.
Die Namibiese Toerismeraad ontken bewerings dat onwettige toeroperateurs in die land werksaam is. Dit kom te midde van groeiende kommer onder belanghebbendes in die toerismesektor oor ongelisensieerde operateurs. Die raad se woordvoerder, Flora Quest, het bevestig dat hul onlangse ondersoek bevind het dat alle ondervraagde operateurs behoorlik geregistreer is en…
25 Aug 12AM
1 min
2900 – 2920
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.