Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
3180 – 3200

Jesse Kriel opgewonde oor Esterhuizen teen Aussies

Rugby: Die Springbok Jesse Kriel sê hulle verwag ʼn taai stryd teen Australië in Saterdag se Rugbykampioenskaps-kragmeting op Ellispark, al het die Wallabies pas ʼn uitdagende reeks teen die Britse en Ierse Leeus voltooi. Kriel en André Esterhuizen is die senterpaar terwyl Damian de Allende nog van ʼn ligte besering…
13 Aug 2025 11AM 1 min

Toerisme sien uit na nuwe vlugte tussen Lusaka en Windhoek

Die toerismebedryf is opgewonde oor die aankondiging dat Proflight Zambia 'n nuwe diens met drie vlugte weekliks tussen Lusaka en Windhoek, via Livingstone, sal bekendstel, vanaf 3 Maart 2026. Hierdie diens sal na verwagting toerisme, handel en belegging 'n hupstoot gee, en toegang tot die Victoria-waterval via Livingstone bied. Kosmos…
13 Aug 2025 10AM 1 min

NamRA verskerp toesig oor 'bestel-met-my'-handelaars

Tydens 'n inligtingsessie oor bevordering van nakoming van inkomstewette, het NamRA-kommissaris Sam Shivute pogings uitgelig om toesig oor sogenaamde "bestel-met-my"-handelaars te verskerp, en onthul dat nuwe regulasies wat hierdie kwessie aanspreek, by die justisieministerie ingedien is.
13 Aug 2025 10AM 1 min

Só moet inligtingkommissaris gekies word

Ons sien uiteindelik beweging met die Wet op Toegang tot Inligting. Die inligtingsministerie soek tans nominasies vir die pos van inligtingskommissaris, met 'n sperdatum van 10 September. Die Wet is in 2022 bekragtig, maar het nog nie in werking getree nie. Dit is ontwerp om deursigtigheid en verantwoordbaarheid te bevorder…
13 Aug 2025 10AM 1 min

SA polisievroue op besoek vir Vrouemaand-vieringe

Namibië verwelkom 'n afvaardiging vroue van die Suid-Afrikaanse Polisiediens as deel van Vrouemaand-vieringe. Die besoek wat tot Vrydag sal duur, beklemtoon die sterk sekerheidsbande tussen die twee buurlande en vereer Suid-Afrikaanse vroue se optog teen apartheidpaswette in 1956. NamPol kommissaris Johanna Ngondo sê die program sluit besoeke aan stasies, 'n…
13 Aug 2025 9AM 1 min

Trump se Putin-beraad 'n luistergeleentheid, sê Withuis

Die Withuis beskryf Vrydag se vergadering in Alaska tussen die Amerikaanse president, Donald Trump, en sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, as ʼn luistergeleentheid. Rusland het aangedui hy sal ʼn skietstilstand met Oekraïne oorweeg indien Kiëf onttrek uit die dele van Donbas wat hy nog beheer. Oekraïne se president, Volodimir Zelensky,…
13 Aug 2025 9AM 1 min

Peter, Malakia Elindi bied N$50 000 elk vir borgtog aan

In sy slotbetoë tydens borgtogaansoeke in die Namcor-korrupsiesaak het verdedigingsadvokaat Sisa Namandje aangevoer dat die aanklagte teen sy kliënte, Peter en Malakia Elindi, nie volledig ontwikkel is nie. Hy het die hof versoek om hulle borgtog van 50 000 Namibiese dollar elk toe te staan, met voorwaardes.
13 Aug 2025 8AM 1 min

DA boos oor swak vervolgings vir onwettige vuurwapens

Die DA sê dit is kommerwekkend dat die Nasionale Vervolgingsgesag nie kan naspoor of SAPD-arrestasies vir onwettige vuurwapenbesit tot vervolging of skuldigbevindings lei nie. Die Wes-Kaapse polisie het tussen Januarie 2020 en Desember 2024, 13 727 arrestasies vir onwettige vuurwapenbesit aangemeld. Slegs 1 745 sake het egter in skuldigbevindings geëindig,…
13 Aug 2025 8AM 1 min

DA reageer op stygende werkloosheid in buurland

Die DA sê die jongste Kwartaallikse Arbeidsmagopname toon dat ekonomiese hervormings vir groei en werkgeleenthede dringend ingestel moet word. Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer het met 0,3-persentasiepunte in die tweede kwartaal van hierdie jaar gestyg tot 33,2-persent. Volgens Statistiek SA is 140 000 meer mense werkloos in vergelyking met die eerste…
13 Aug 2025 6AM 1 min

Mansour vra vir druk dat media Gaza mag binnegaan

Vir meer as twee jaar het Israel buitelandse joernaliste toegang tot Gaza geweier. As gevolg van hierdie beperkings het die meeste van die wêreld se verslaggewing van binne Gaza staatgemaak op plaaslike Palestynse joernaliste en mediawerkers waaronder 237 deur Israel se weermag gedood is.
13 Aug 2025 6AM 1 min

Ekonoom sê oor NPD6 se 7% groei... is dit moontlik?

Die jongste ekonomiese voorspellings skep kommer oor Namibië se NDP6-ontwikkelingsplan. Terwyl die plan 'n jaarlikse groeikoers van 7 persent vereis om sy doelwitte te bereik, het beide die Bank van Namibië en Cirrus hersiene, laer groeivooruitsigte van onderskeidelik 3,5 persent en 3 persent vir die jaar vrygestel. Dit kom terwyl…
13 Aug 2025 6AM 1 min

Cran sê verkoop van MultiChoice sal goed wees vir verbruiker

Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, sê Namibië kan baat vind by Canal+ se voorgestelde verkryging van MultiChoice-groep vir 35 miljard Amerikaanse dollar. Hoewel die transaksie geen onmiddellike impak op plaaslike uitsaailisensies het nie, sê Cran dat dit meer diverse inhoud, beter dienste, laer koste en belegging in infrastruktuur, tegnologie en…
13 Aug 2025 6AM 1 min

Repokoers derde keer onveranderd gehou

Die sentrale bank se monetêre beleidskomitee het eenparig besluit om die repokoers onveranderd te hou. Die bank se goewerneur Johannes !Gawaxab…
13 Aug 2025 6AM 1 min

Namibië reis na Oostenryk om by kerngroep aan te sluit

Namibiese afgevaardigdes sal volgende maand na Oostenryk reis om met die Kernverskaffersgroep en die Internasionale Atoomenergieagentskap te vergader. Die doel van die reis is om Namibië se bod om by die Kernverskaffersgroep aan te sluit, te bespreek. Die Kabinet het die bod reeds goedgekeur. Volgens dr. Gabi Schneider, direkteur van…
13 Aug 2025 6AM 1 min

Repokoers: BoN sal leiding neem by SARB

Soos deur verskeie ekonome voorspel is die repokoers onveranderd gelaat op 6,75 persent. Die sentrale bank se monetêre beleidskomitee het eenparig besluit. Cirrus-ekonoom Tannan Groenewald het sy reaksie so verwoord.
13 Aug 2025 5AM 1 min

Ooreenkomste nodig om SA-vleisuitvoere tydens siekte te beskerm

Die Vereniging van Vleisinvoerders en -uitvoerders sê dringende verdelingsooreenkomste is nodig om Suid-Afrika se beesvleisuitvoere tydens siekte-uitbrekings te beskerm. Die vleisbedryfvereniging sê sulke ooreenkomste met handelsvennote sal 'n volledige uitvoerverbod voorkom wanneer siektes soos bek-en-klouseer uitbreek, met beperkings wat slegs geaffekteerde gebiede sal raak. Die vereniging se uitvoerende hoof, Imameleng…
13 Aug 2025 5AM 1 min

Wet op inligting: Cran waarsku oor nie-nakoming

Die kommunikasie owerheid, Cran, dring daarop aan dat daar streng nagekom word op die Wet op Toegang tot Inligting van 2022, wat vereis dat openbare en private liggame proaktief inligting moet verskaf. Oortredings kan lei tot daaglikse boetes van 2 000 tot 30 000 Namibiese dollar. Cran sê nakoming beskerm…
13 Aug 2025 4AM 1 min

Badenoch looi Starmer oor migrasie

Die Britse Konserwatiewe leier, Kemi Badenoch, kritiseer die regering se beleid oor migrasie. Die jongste data toon dat meer as 50 000 migrante die Engelse Kanaal met klein bote oorgesteek het sedert Keir Starmer eerste minister geword het. Volgens die Internasionale Organisasie vir Migrasie het minstens 20 mense vanjaar gesterf…
13 Aug 2025 4AM 1 min
3180 – 3200