Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
3160 – 3180

Ongeletterde skoolkinders: Hoe moet die land ontwikkel?

Kommentaar word steeds ontvang oor die kommerwekkende berigte dat sewe uit 10 kinders in Namibië nie kan lees of wiskunde doen nie. Terwyl Namibië toegang tot onderwys verbeter het, bly die gehalte van daardie 'n beduidende bron van kommer. Arbeidsdeskundige Herbert Jauch waarsku dat hierdie gebrek aan fundamentele geletterdheid indiensneembaarheid…
14 Aug 2025 6AM 1 min

Konsultasies begin vir middeltermyn-begroting

Finansminister Ericah Shafudah gaan streekregerings besoek om die middeltermyn-begrotingshersiening te bespreek. Die eerste besoek is geskeduleer vir die Zambezi-streek op 25 Augustus, gevolg deur Kavango-Oos op die 28ste en Kavango-Wes op 29 Augustus. Volgens die woordvoerder van die ministerie, Wilson Shikoto, is hierdie vergaderings van kritieke belang.
14 Aug 2025 6AM 1 min

DA sê weermaghoof se Iran besoek het wyer gestrek as militêre gesprek

Die DA sê buitelandse beleid is die regering se verantwoordelikheid en nie die weermag s'n nie. Die party waarsku die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermaghoof Rudzani Maphwanya se politieke verklarings hierdie week tydens 'n besoek aan Iran, kan Suid-Afrika se betrekkinge met belangrike bondgenote, insluitend die VSA, benadeel. Chris Hattingh van die…
14 Aug 2025 5AM 1 min

Net kompleks rekeninge word aan RedForce oorhandig - CoW

Die Stad Windhoek sê hy hanteer self sowat 90 persent van skuldinvordering en is nie te afhanklik van eksterne partye soos RedForce om dit namens hulle te doen nie, sê die munisipaliteit. Pensioenarisse se agterstallige skuld word selde aan RedForce oorhandig. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Stad Windhoek…
14 Aug 2025 5AM 1 min

Klimaatsverandering bied groot geleenthede

Namibië voel reeds die impak van klimaatsverandering, met droogtes, onvoorspelbare weer en veranderende seisoene wat landbou, energie, versekering en infrastruktuur beïnvloed. Boere staar verliese in die gesig, banke en versekeraars hanteer stygende eise, en die energiesektor sien geleenthede in hernubare energie soos sonkrag, wind en groen waterstof. Terwyl risiko's hoog…
14 Aug 2025 3AM 1 min

Europese koalisie is gereed met militêre plan vir Oekraïne

Britse premier Keir Starmer was Woensdag die voorsitter van 'n aanlyn-vergadering van die “koalisie van gewilliges”, 'n groep lande wat bereid is om enige toekomstige vredesooreenkoms tussen Rusland en Oekraïne te help polisieer. Hy het tydens die opening gesê die geskeduleerde ontmoeting tussen presidente Donald Trump en Vladimir Putin is…
14 Aug 2025 3AM 1 min

SMEs Compete het lof vir OM SEED

Reaksie word ontvang op die Old Mutual Sustainable, Economic and Empowerment Drive, bekend as OM SEED, wat sy vierjaar-lange reis om grondvlak-entrepreneurskap regoor Namibië te bevorder, afgesluit het. Die inisiatief, wat van stapel gestuur is om klein besighede in onderbediende streke te koester, het befondsing, mentorskap en vaardigheidsontwikkeling verskaf om…
14 Aug 2025 3AM 1 min

Swart ekonomiese bemagtiging kos triljoene

Die DA sê die skadelikste ekonomiese struikelblok is die beleid van swart ekonomiese bemagtiging. Die ANC het dit verdedig en gesê bemagtiging is nodig om transformasie in die land te bevorder. Professor William Gumede het bereken die gevolge was dat 100 individue met politieke bande ‘n triljoen Suid-Afrikaanse rand deur…
14 Aug 2025 3AM 1 min

Globale raad op waterbeleggings verwelkom

President Cyril Ramaphosa verwelkom die bekendstelling van die globale raad op waterbeleggings by die Afrika-Unie AIP Waterbeleggingsberaad in Kaapstad. Die inisiatief sal Afrika se Water-beleggingsprogram verhef tot 'n Globale Waterbeleggingsplatform, wat leierskap, befondsing en innovering mobiliseer. Hy beklemtoon dat die raad vordering regoor belangrike forums sal dophou, en water van…
14 Aug 2025 2AM 1 min

Uitbrekings van malaria, cholera, is verby

Gesondheidminister dr. Esperance Luvindao het aangekondig dat die cholera- en malaria-uitbrekings tot 'n einde gekom het. Dit is bepaal deur 'n deeglike epidemiologiese assessering. Sy sê sedert die aankondiging van die malaria-uitbreking in Desember is amper 96 000 sake aangemeld, met 154 sterftes. Een cholera-sterfte is aangeteken. Luvindao het die…
14 Aug 2025 2AM 1 min

Epstein: Justisie is nie deursigtig nie

Die Amerikaanse justisiedepartment kom onder skoot omdat hy geen kapsie maak oor ‘n hof se bevinding dat Ghislaine Maxwell se grootjurie getuienis onbeteknisvol is en dus, nie bekend gemaak sal word nie. Regsman Jack Scarola, wat meer as 20 slagoffers van Jeffrey Epstein verteenwoordig sê die departement is nie deursigtig…
14 Aug 2025 1AM 1 min

Ouditeur-generaal sal meer onafhanklik word

'n Nuwe wetsontwerp word ontwikkel om die ouditeur-generaal meer onafhanklikheid te gee. Die doel is om aanspreeklikheid en nakoming van die kantoor se voorstelle oor alle regeringsministeries, kantore en agentskappe te versterk. Die wetsontwerp is na die finansminister gestuur vir hersiening. Ouditeur-generaal Junias Kandjeke het meer.
14 Aug 2025 1AM 1 min

Afrikaans in wese vandag 150 jaar gelede gevestig

Vandag, 14 Augustus, is die 150ste herdenking van die Genootskap van Regte Afrikaners, 'n organisasie wat in die Paarl, Suid-Afrika, gestig is en instrumenteel was in die bevordering en standaardisering van Afrikaans. Kosmos 94.1 Nuus het met oud-predikant en Afrikaanskenner dr. Callie Opperman gesels oor die belangrikheid van die organisasie.
14 Aug 2025 1AM 1 min

Namibië sluit aan by nuwe SAOG Toersime-alliansie

Suider-Afrika se toerismeleiers het 'n nuwe komitee gevorm om streeksamewerking te verbeter en toerisme te bevorder. Die SAOG Toerisme-alliansie sal fokus op die verhoging van intra-streeksreise en die verbetering van lugverbindings oor die 16 lidlande, met die doel om die streek se volle toerismepotensiaal te ontsluit. Natalia Rosa, projekleier van…
14 Aug 2025 12AM 1 min

NDP5 misluk, momentum moet behou word vir NDP6

NDP5 het nie sy groei- en hervormingsdoelwitte bereik nie en slegs 58 persent van die teikens bereik. 'n Simonis Storm-verslag noem strukturele hindernisse, hoë koste, swak finansiering, stadige infrastruktuur-ontwikkeling, regulatoriese vertragings en vaardigheidstekorte as sleutelhindernisse, met minimale impak van die 'Groei by die Huis'-strategie. Kosmos 94.1 Nuus het met Almandro…
14 Aug 2025 12AM 1 min

VSA-verslag oor menseregte in SA is onakkuraat

Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê Suid-Afrika verwerp die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake se verslag oor menseregtepraktyke in die land. Die verkorte opsomming van die verslag lui dat die menseregte-situasie in die land gedurende 2024 aansienlik versleg het, met die ondertekening van die Wetsontwerp op Onteiening in…
13 Aug 2025 11PM 1 min

Ernstige gevolge as Putin vrede verhinder - Trump

Amerikaanse president Donald Trump het by die Kennedy-sentrum in Washington, DC gepraat ná sy aanlyn-ontmoeting met Europese leiers en gesê daar sal ernstige gevolge wees as Russiese president Vladimir Putin vrede in Oekraïne verhinder. Trump het nie genoem wat die gevolge sal wees nie, maar het oor ekonomiese sanksies gewaarsku…
13 Aug 2025 11PM 1 min

Winter is boskos-tyd, maar let op diere se behoeftes

Terwyl natuurlike weiding uitdun, verskuif die aandag na boskos en die rol daarvan om diere gesond te hou. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Dagmar Honsbein, 'n kenner in landbou en boskos gesels. Sy sê winter is ‘n goeie seisoen om boskos te benut maar, boere moet oplet.
13 Aug 2025 11AM 1 min
3160 – 3180