Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans Namibia News
4,001 Episodes
32 – 52

DBN herdenk 20 jaar, skep duisende werksgeleenthede

Die Ontwikkelingsbank van Namibië het sy 20ste bestaansjaar herdenk. Die bank se uitvoerende hoof John Steytler, het onthul dat die bank oor die afgelope twee dekades meer as 115 000 werksgeleenthede gegenereer het deur sy befondsing van projekte. Hy voeg by dat sedert sy stigting tot Februarie vanjaar het die…
30 Apr 5AM 1 min

Hulp aan Oekraïne is uiters belangrik - Navo

Die sekretaris-generaal van Navo Jens Stoltenberg sê die wapens wat die VSA aan die Oekraïne stuur is bemoedigend. Hy sê sou die land nie die nodige ondersteuning ontvang nie kan dit ernstige gevolge hê. Hy sê hulp kom ook vanaf Europa.
30 Apr 5AM 1 min

Blinken optimisties vir ooreenkoms in Kaïro

Amerika se minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, het Hamas versoek om spoedig die jongste voorstel oor 'n skietstaking te aanvaar. Die voorstel sluit in 'n skietstaking van 40 dae in ruil vir die vrylating van gyselaars, en dat ontwortelde families na die noorde van Gaza kan terugkeer. Onderhandelaars van…
30 Apr 4AM 1 min

Skenk komberse vir haweloses die winter

Die winter is om die draai en die AB-stigting sal sy jaarlikse Mega Winter Blanket Drive ten bate van behoeftiges aanbied. Verskillende groepe in Windhoek, onder andere die straatkinders, gaan skenkings kry. Die AB-stigting is op soek na skenkings van swaar komberse en warm klere. Kosmos 94.1 nuus het met…
30 Apr 4AM 1 min

SA, Botswana vat hande om medisyne te beveilig

Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte en die Medisyne-reguleringsowerheid van Botswana werk saam om medisyne te evalueer, goedkeuringsprosesse te vergemaklik, en nadelige reaksies na bemarking te monitor. Hulle het 'n verstandhoudingsooreenkoms onderteken om die regulering van plaaslike medisyne te verbeter. Hierdie vennootskap moet toegang tot nuwe medisyne verbeter, nagemaakte produkte beheer…
30 Apr 3AM 1 min

Withuis beskryf varsity-protesaksies as anti-Semitisme

Die Withuis sê anti-Semitisme het geen plek in Amerika nie. Pro-Palestynse studente betoog toenemend op universiteitskampusse. Columbia-universiteit het begin om studente wat hierby betrokke is, te skors nadat hulle ʼn spertyd om uiteen te gaan geïgnoreer het. Die universiteit is die middelpunt van ʼn vlaag kampus-betogings in Amerika teen die…
30 Apr 3AM 1 min

Koen tevrede met sy Bo-vrouespan

Ervare Springbok-vrouespelers Nomawethu Mabenge, Lusanda Dumke en Sizophila Solontsi is ingesluit in die nasionale groep vir die Rugby Afrika-vrouebeker volgende maand in Madagaskar. Kwalifikasie vir die 2025 Rugby Wêreldbeker in Engeland is op die spel. Die hoofafrigter, Louis Koen, het 'n groep van 28 spelers aangewys om na Antananarivo te…
30 Apr 2AM 1 min

Uis se watertekorte vra almal se insette

Die inwoners van Uis in die Erongo-streek worstel met 'n ernstige watertekort-krisis. Die Karibib- en Daurês-kiesafdelings het onlangs vir byna drie dae nie water gehad nie, wat die hele nedersetting, insluitend skole, gedwing het om hul aktiwiteite te beperk. Die waterkrisis, wat algemeen geword het in Uis, Okombahe en Otjimbingwe,…
30 Apr 2AM 1 min

RISE betoog teen seks-vir-werk

Die nasionale leier van RISE Mzansi, Songezo Zibi, lei 'n betoging by die Johannesburgse Aandelebeurs om die voorkoms van seks-vir-werk- en kontant-vir-werk-praktyke aan te spreek, veral in die kleinhandel- en mynbousektor. Die nasionale woordvoerder, Gugu Ndima, sê die betoging wil bewusmaking kweek en optrede van instellings en genoteerde maatskappye eis…
30 Apr 1AM 1 min

Nadal veg hard terug, deur na laaste 16

Die vyfmalige kampioen, Rafael Nadal, is deur na die laaste 16 by die Madrid Open terwyl hy van ʼn besering herstel. Hy het Pedro Cachin van Argentinië in net meer as drie ure met 6-1, 6-7 en 6-3 geklop. Die topgekeurde Italianer, Jannik Sinner, is steeds op dreef om sy…
30 Apr 1AM 1 min

Kindermishandeling-syfers skok

'n Onlangs vrygestelde verslag deur die African Partnership to End Violence against Children bevat skokkende statistieke. Daar is gevind dat meer as die helfte van alle kinders in Afrika fisieke mishandeling ervaar, terwyl in sommige dele van die vasteland vier uit elke 10 meisies voor die ouderdom van 15 aan…
30 Apr 1AM 1 min

NamWater vra ook vir 'n verhoging

Die Elektrisiteitsbeheerraad het 'n verhoging van 8 persent in NamPower se grootmaat elektrisiteitstarief vir die 2024/25-tydperk goedgekeur. Alle kragverspreidings-lisensiehouers sal binnekort by die raad aansoek doen vir 'n hersiening van hul verspreidingstariewe. Stad Windhoek sal binnekort konsultasies begin voordat sy begroting vir die 2024/25-boekjaar gefinaliseer word. Kosmos 94.1 Nuus het…
30 Apr 12AM 1 min

As jy nie van die wetgewers hou nie, stem hulle uit!

Die omstrede veteraan Swapo-parlementslid Jerry Ekandjo het verskeie onsmaaklike en aanvegbare stellings in die Nasionale Vergadering gemaak wat verband hou met sy privaat-lede wetsontwerp wat teen gay huwelike diskrimineer. Die ander probleem wat Namibiërs moet meemaak is die tipe debatte wat in die parlement gevoer word. Kosmos 94.1 Nuus het…
30 Apr 12AM 1 min

Netumbo loop deur oor aanmerkings (om stemme te lok)

Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het die naweek in die Suide gekuier en gesê die Keetmanshoop-lughawe kan in die toekoms verander na die Karas Internasionale Lughawe. Dit is weens die opkomende olie- en gasbedrywe in die Suide, wat beleggers lok. Volgens haar is die herlewing van die nasionale lugdiens, Air Namibia, ook…
29 Apr 11PM 1 min

Eiendomsmark in SA sukkel ook, bekostigbaarheid is probleem

Hoë rentekoerse vertraag die verkoop van residensiële eiendomme in Suid-Afrika omdat kopers op die uitslag van die verkiesing wag. Kopers moet noodgedwonge hulle verkoopsprys meer as een keer verlaag. Die bedryf neem uitdagings met tariewe waar, veral van eiendomme van meer as 3,5 miljoen Suid-Afrikaanse rand. ‘n Woordvoerder van Get…
29 Apr 11PM 1 min

Droogtehulpprogram hoë prioriteit vir regering: Mutorwa

Adjunk-premier John Mutorwa is bekommerd oor die vertragings in die verspreiding van droogtehulpkos in die streke. Mutorwa het die Kavango-Oos-streek besoek om hom van die situasie te vergewis. Meer as 44 000 mense in die streek word deur die droogte geraak. Die streek het in Oktober verlede jaar sy eerste…
29 Apr 12PM 1 min

Stormers se VRK-toer beslissend: Dobson

Rugby: Die Stormers is op pad om twee wedstryde in die Verenigde Rugbykampioenskap in Brittanje te speel. Hulle Springbokke sal beskikbaar wees wanneer hulle teen die Dragons in Wallis kragte meet en dan Connacht in Ierland. Die Stormers het hulle teleurstellende nederlaag teen die Ospreys opgevolg met ‘n maklike oorwinning…
29 Apr 12PM 1 min

Sorg dat jy jou vriende ken: NamPol na Klein Windhoek-moord

Skokgolwe kring steeds uit na die liggaam van die 40-jarige Angelique Delia Maarsdorp in haar woonstel in Klein Windhoek ontdek is. Sy was vasgebind en in komberse toegedraai. Daar was bloedvlekke op een van die banke en verskeie items word vermis, waaronder 'n lig-metaalblou BMW 3-reeks en 'n platskerm-televisiestel. Kosmos…
29 Apr 11AM 1 min

DA kan nie met werkers se lewens vertrou word: Cosatu

Cosatu sê die DA se belofte in sy verkiesingsmanifes om die nasionale minimumloon te skrap, waarin die lone van 6 miljoen verarmde werkers regoor die ekonomie verhoog word, is 'n wrede herinnering dat die party nie met werkers se lewens vertrou kan word nie. Die vakverbond sê die DA se…
29 Apr 11AM 1 min
32 – 52