Reaksie word ontvang op die verskerping van maatreëls om byvangste te beperk en oortreders te straf. Die kabinet het goedkeuring gegee dat die lynministerie uitvoerbare maatreëls instel om byvangsvlakke te verminder en mariene hulpbronne te beskerm. Dit sluit in 'n 2 persent byvangsdrempel wat deur die maatskappy behou mag word,…
Uitspraak moet nog gelewer word in die borgtog-aansoek van Immanuel Mulunga en ander aangeklaagdes in die Namcor-skandaal in die Windhoek-landdroshof, aangesien die saak tot Maandag uitgestel is. Die Staat staan borgtog teen en voer aan dat die ernstige aard van die beweerde misdade die toestaan van borgtog onregverdig sou maak…
Die sogenaamde Epstein-lêers bly in die nuus en teister die Amerikaanse president Donald Trump. Die publiek en lede van sy eie MAGA-faksie eis dat die dokumente bekend gemaak word en daar is gerugte Trump word genoem. Trump het onlangs dit afgemaak as ‘n foefie.
Namibië se jaarlikse inflasie het effens verstadig na 3,5 persent in Julie teenoor 3,7 persent in Junie, maar voedselpryse bly hardnekkig hoog, met vleis, vis en groente wat huishoudelike koste dryf. Namate kerninflasie styg tot 3,9 persent, groei kommer oor die werklike lewenskoste vir gewone Namibiërs. Mirjam Shihepo van die…
Die Hooggeregshof in Pretoria het beslis die oorskot van die gewese Zambiese president, Edgar Lungu, moet gerepatrieer word vir 'n staatsbegrafnis. Dit beëindig 'n regsgeding tussen die Zambiese regering en sy familie, wat hom in Johannesburg wou begrawe. Lungu is twee maande gelede dood toe hy behandeling in Suid-Afrika ontvang…
Reaksie kom steeds in op minister van stedelike nedersetting, James Sankwasa, se opdrag dat plaaslike owerhede nie kontrakte met RedForce Debt Management moet hernu of nuwes aangaan nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Walvisbaai se burgemeester Trevino Forbes gepraat, wat sê dis nie 'n slegte idee nie, maar daar is…
Die GOOD-party sê dis 'n pynlike feit dat Suid-Afrika na drie dekades van demokrasie steeds op rasse- en etniese gebied verdeel is. Die Open Chats Podcast is op TikTok versprei waarin die aanbieders in 'n episode die bruin gemeenskap aanstootlik stereotipeer. Die aanbieders het verskoning gevra vir hul opmerkings. GOOD…
Ten spyte van wydverspreide reën wat 'n langdurige droogte regoor Namibië gebreek het, waarsku kenners veeboere om nie selfvoldaan te raak nie. Met weiding wat reeds tekens van druk in sommige gebiede toon, kan die volgende droogte, wat onafwendbaar is, vroeër as verwag aanbreek en slegs diegene wat nou begin…
Die Shack Dwellers-federasie het 55 erwe in Mariental bekom as deel van sy program om meer as 3 100 huise landwyd te bou. Kosmos 94.1 Nuus het met Heinrich Amushila van die federasie gepraat, wat verduidelik waar hulle befondsing ontvang, ook vir die opgradering van informele nedersettings en die diens…
Die minimumloon bly in die nuus. Kenners is dit eens dat werkloosheid sal toeneem. ‘n Koëffisiënt wat algemeen gebruik word se beraming is as die ekonomie met 1 persent groei, styg indiensneming met 0,5 persent. Namibië se geskatte ekonomiese groei vir 2025 is 3,8 persent wat beteken werksgeleenthede kan met…
NamWater installeer en sal dan ‘n nuwe kraglyn by Kuiseb in bedryf stel om die betroubaarheid van watervoorsiening in die Erongo-streek te verbeter. Hierdie infrastruktuuropgradering kan die watervoorsiening na Walvisbaai tydelik verminder tydens die inbedryfstellingsfase, wat begin het. Inwoners word versoek om water spaarsamig te gebruik. Kosmos 94.1 Nuus het…
Die DA vra 'n dringende ondersoek om vas te stel wat van die verlore 813 miljoen Suid-Afrikaanse rand geword het wat vir die soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in die Demokratiese Republiek die Kongo bedoel was. Nicholas Gotsell van die DA sê die voorsitter van die Parlement se gesamentlike…
Die Bank van Namibië sê dat hul nuwe maandlange Finansiële Insluitingsbewustheidsveldtog daarop gemik is om bewustheid te verhoog, finansiële opvoeding te verbeter en verbruikersbeskerming te versterk. Die veldtog dien as ondersteuning vir die komende Alliance for Financial Inclusion Global Policy Forum in Swakopmund. Die bank se kommunikasiepraktisyn, Josefina Oskar, het…
Die Vryheidsfront Plus sê Suid-Afrika se diplomatieke en handelskrisis kan regstreeks toegeskryf word aan die ANC-regering se voortgesette sosialistiese beleid en mislukte buitelandse beleid. Dit volg nadat Amerika tariewe van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoerprodukte gehef het. Jaco Mulder van die VF Plus sê die minister van Handel en Nywerheid, Parks…
Plot K3 in Mariental, Namibië, is waar die Mariental Vasbyt môre plaasvind. Toegang is 30 Namibiese dollar vir volwassenes, 10 dollar vir skoolkinders, met gratis toegang vir diegene onder sewe. Francois Lottering van Motor Media Namibia het meer.
Die Vryheidsfront Plus waarsku inwoners, veral dié in Ekurhuleni, om voorkomend op te tree te midde van die maseluitbreking in die metro. Altesaam 80 bevestigde gevalle is reeds aangemeld. Die VF Plus-woordvoerder, Jennifer Glover, sê die Gautengse Gesondheidsdepartement hou die situasie dop, maar voeg by ouers en voogde moet waaksaam…
Reaksie stroom in na die Israeliese premier Benjamin Netanyahu gesê het Israel is van plan om volle militêre beheer oor die hele Gaza te neem. Dr. Natalie Roberts van Doctors without Borders UK het aan Britse media gesê dit sal die dood van baie mense beteken.
Suid-Afrika herdenk vandag Vrouedag en die regering sê hierdie jaar kyk na die vordering wat vroue gemaak het in leierskap en die ekonomiese lewe, en die stryd teen geslagsgeweld. Die 2025 Nasionale Vrouedag-vieringe met die tema “Die bou van veerkragtige ekonomieë vir almal" sal by die Nkowankowa Stadion in Tzaneen,…
Die kabinet het amptelik die resolusies aanvaar wat bespreek is tydens die SAOG-oorgrensbewaringsgebiedsberaad van staatshoofde en regeringshoofde. Die beraad het in Mei vanjaar in Harare, Zimbabwe, plaasgevind. Tydens 'n kabinetsinligtingsessie het inligtingsminister Emma Theofelus 'n opdatering gegee oor die resolusies wat aanvaar is.
8 Aug 2025 1AM
1 min
3300 – 3320
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.