Anton en Rouchelle kuier vanoggend saam met Michael Lindt. Hy deel sy getuienis met ons oor hoe die Here met hom 'n pad van vergifnis gestap het en alles wat hy deurgemaak het.
Rainer Schimpf, Mariene natuurbewaarder is aan die kus van Port-Elizabeth deur `n walvis ingesluk en `n ware Jona-ervaring gehad. Kortpad se Liomee het die storie aangehoor.
Die Asbury herlewing is al vir byna 10dae aan die gang met mense wat in-stroom in hul duisendes van regoor die wereld na die Universiteit in Kentucky. Evangelis, Lindy Ann Hopley gesels met Kortpad oor haar ervaring en opgwondenheid oor dit wat Jesus doen.
Christelike sanger en komponis, Joe Niemand het onlangs aangekondig dat hy terug tree na die musiek-industrie. Kortpad het gaan uitvind oor wat die toekoms inhou en waarmee hy homself besig hou.
Met Radio Tygerberg 104FM se 30ste verjaarsdag het ons elke maand ’n 30-projek in die gemeenskap. Vanoggend het ons Annalie en Gerrit Greyling van Oostersee wat vanjaar hulle 30ste huweliksherdenking vier. Saam met die paartjie al ’n klomp sakke sout opgeëet, insluitende bykans bankrotskap, aflegging by die werk, kanker en…
Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid sal vanaf 6 Februarie tot 31 Maart 2023 een versterkingsdosis vir masels gee vir elke kind wat jonger as vyf jaar is, ongeag hul inentingstatus. Sr Rayneze Saayman, ‘n verpleegkundige van Wes-Kaap Gesondheid, sluit vandag in die ateljee by ons aan om raad te deel…
Elsabe Aldrich het vanoggend met Charl & Rouchelle gesels en sê dat : Lag is hemelse ENO’S, dit is juis vir ons gegee om swaarmoedigheid weg te borrel.
Hoekom word soveel kinders deesdae met ADHD gediagnoseer? Liomee van Kortpad gesels met Dr Leigh-Ann Wood-Pottle Pediater (spesialis in ontwikkelende pediatrie) oor die diagnose onder kinders.
Willie RIchards herstel wonderbaarlik nadat hy in 16 ton bloed geval het. Luister gerus na hierdie kragtige getuienis wat #Ontbyt vanoggend gehad het op die program.
Die huidige Skoolhoof van Hoërskool Durbanville, Coenie Venter het nooit toegelaat dat sy omstandighede in die pad staan van sy passie nie. Liomee van Kortpad het met hom gesels.
Wat beteken woorde soos "Terugkoopkoers? Wat is inflasie en wat betekendit vir my as Suid-Afrikaner en wat is die invloed wat brandstof en beurtkrag op my sak het.
30 Jan 2023
11 min
100 – 120
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.