Romeine 1:20 - God openbaar in die Albatros
--:--
Rom 1:20 sê - Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie. Vandag gesels ons met voëlkenner Andrew Buitendach oor die Albatros en hoe die Here in die fynste besonderhede vir hierdie voël se behoeftes voorsien het in sy ontwerp.