Spreeklewe - Jy is kosbaar

--:--
JESAJA 43
Jy is Myne
1Luister, so sê die Here
wat jou geskep het, Jakob,
wat jou gevorm het, Israel:
Moenie bang wees nie, Ek verlos jou,
Ek het jou op jou naam geroep,
jy is Myne.
2As jy deur water moet gaan, is Ek by jou,
deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie;
as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie,
die vlamme sal jou nie brand nie,
3want Ek is die Here jou God,
die Heilige van Israel, jou Redder.
Ek gee Egipte as losprys vir jou,
Kus en Seba in jou plek.
4Omdat jy vir My kosbaar is,
omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet,
gee Ek mense in jou plek,
volke in ruil vir jou lewe.
5Moenie bang wees nie,
Ek is by jou.
Ek bring jou kinders van die ooste af,
Ek maak hulle bymekaar van die weste af,
6Ek sê vir die noorde: Gee!
vir die suide: Moet hulle nie terughou nie!
Bring my seuns van ver af,
my dogters van die uithoeke van die aarde af,
7elkeen wat na my Naam genoem word,
elkeen wat Ek geskep het tot my eer,
wat Ek gevorm het, wat Ek gemaak het.
3 Aug 2022 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Saxby Twins onderhoud

Annelie het met Kyle van die Saxby Twins gesels oor hulle nuwe enkelsnit en sommer sy Afrikaanse kennis getoets
22 Apr 19 min

Spreeklewe - Leef voluit

Leef voluit! Prediker 9:7-10 Eet dus jou brood met vreugde, drink jou wyn met ‘n bly gemoed; God het lankal reeds goedgekeur wat jy doen. 8 Dra altyd wit klere,versorg jou hare met olie. 9 Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet,dié lewe wat tot niks kom nie,maar…
17 Apr 7 min

#KomOnsPraatDaaroor - 17 April

Kom Ons Praat Daaroor se 3 aanbieders, Annelie Bouwer, Charonike Nel en Tanya de Vente-Bijker, het uiteenlopende persoonlikhede en opinies, soos hulle oor nuusgebeure, snaakshede, hartstories en stories wat jou warm onder die kraag maak, gesels.
17 Apr 43 min