Ons het op Facebook gesien van Stephanie Jordaan se nuwe boek, Reset. Haar boodskap: “Daar is altyd hoop”, “Word wie God jou geskep het om te wees” en “’n Nuwe begin begin met een besluit…” Johann Els wil meer weet.
Ons het ‘n oordenking wat elke week tematies “God en Finansies” dek. Dit is aangebied deur Wynand du Preez en vandag gesels hy oor die tema: “Onderlinge mededeelsaamheid” uit Handelinge 4:32.
Johann Els gesels met Jannie van Niekerk oor die Muskathlon wat eersdaags plaasvind. Ons wil hoor hoekom en hoe ver hulle vorder met al die voorbereidings.
Afrikaanse aanbiddingsleiers en liedjieskrywers het hul talente saamgesnoer om nuwe musiek vir gemeentes te skep. Wat daaruit gevloei het, is Kapelsessies, ‘n kortspeelalbum wat onlangs deur Nuwe Lof uitgereik is. Ons gesels met Louis Brittz oor die inisiatief en die nuwe musiek.
Ons skop die program Omstreeks 16:20 af met 'n vergrootglas op huwelike. Deon en Karen du Toit van Huweliksfokus is huweliksaktiviste, en vandag praat Deon oor die tema: “Genade is ‘n kragtige wapen.”
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.