Dinsdag Oggenddiens- Ds Hannes du Plessis

--:--
LUKAS 10

Die barmhartige Samaritaan
(Matt. 22:34-40;Mark. 12:28-34)
25Daar was 'n wetgeleerde wat aan Jesus 'n strikvraag wou stel. Hy staan toe op en vra: “Meneer, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?”
26Jesus sê vir hom: “Wat staan in die wet van Moses geskrywe? Wat lees jy daar?”
27Hy antwoord: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.”
28“Jy het reg geantwoord,” sê Jesus vir hom. “Doen dit en jy sal die lewe verkry.”
29Maar die wetgeleerde wou homself handhaaf en vra vir Jesus: “En wie is my naaste?”
30Jesus gaan toe nader daarop in deur te sê: “Toe 'n man eenmaal op pad was van Jerusalem af na Jerigo toe, het rowers hom aangeval. Hulle het hom kaal uitgetrek en hom geslaan dat hy halfdood bly lê, en toe padgegee. 31Dit gebeur toe dat daar 'n priester met daardie pad langs kom, en toe hy hom sien, gaan hy ver langs verby. 32Net so het daar ook 'n Leviet by die plek gekom, en toe hy hom sien, gaan hy ook ver langs verby. 33Maar 'n Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom, en toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry. 34Hy het na hom toe gegaan, sy wonde met olie en wyn behandel en hulle verbind. Toe het hy hom op sy rydier gehelp en hom na 'n herberg toe geneem en hom daar verder versorg. 35Die volgende dag haal hy twee muntstukke uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en sê: ‘Sorg vir hom, en as jy meer onkoste met hom het, sal ek jou betaal wanneer ek hierlangs terugkom.’
36“Wie van hierdie drie is volgens jou die naaste van hom wat onder die rowers verval het?”
37Die wetgeleerde antwoord: “Die man wat aan hom medelye bewys het.”
Toe sê Jesus vir hom: “Gaan maak jy ook so.”
5 Dec 2023 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Vrydag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

GENESIS 19 Lot en sy mense word gered uit Sodom 1Die twee engele het Sodom teen die aand bereik terwyl Lot juis in die poort van Sodom sit. Toe Lot hulle sien, het hy hulle tegemoet gegaan en diep gebuig 2en gesê: “Welkom, Menere! Kom tog na my huis toe…
26 Jul 2AM 14 min

Donderdag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

GENESIS 18 Abraham ontvang drie besoekers 1Die Here het aan Abraham verskyn by die groot bome van Mamre. Terwyl hy op die warmste van die dag by sy tentdeur sit, 2kyk hy op en sien drie mans daar naby staan. Toe hy hulle sien, het hy van sy tentdeur af…
25 Jul 2AM 13 min

Woensdag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

GENESIS 13 Abram en Lot gaan uitmekaar 1Abram het uit Egipte na die Suidland toe getrek, hy en sy vrou met al sy besittings, en Lot saam met hom. 2Abram was baie ryk aan vee en silwer en goud. 3Hy het van plek tot plek uit die Suidland getrek na…
24 Jul 2AM 15 min

Dinsdag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

GENESIS 12 Abram in Egipte 10Daar was hongersnood in die land, 'n baie swaar hongersnood, en Abram het na Egipte toe getrek om daar 'n heenkome te vind. 11Toe hy op die punt staan om Egipte binne te gaan, sê hy vir sy vrou Sarai: “Ek weet jy is 'n…
23 Jul 2AM 14 min

Maandag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

GENESIS 11 9Daarom het hulle die stad Babel genoem, want daar het die Here in die taal van die aarde verwarring gebring, en van daar af het Hy die mense oor die hele aarde verstrooi. GENESIS 12 Die roeping van Abram 1Die Here het vir Abram gesê: “Trek uit jou…
22 Jul 2AM 12 min