NAC gesels oor ICAO aanbevelings

--:--
Die Namibië Lughawensmaatskappy het net meer as 72 persent behaal in die voorlopige veiligheidsoudit-uitslae van die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie, ICAO. Dit het verbeter maar, daar is verskeie aanbevelings gemaak vir lugvaart om beter nakoming te bereik. Dan Kamati, die Lughawensmaatskappy se woordvoerder, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die pad vorentoe.
18 Apr 7AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Werkers moet vir spesiale stemme registreer: Nedlac

Die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad moedig alle werkers aan wat op verkiesingsdag gaan werk om môre, voor die sluitingsdatum vir spesiale stemme, te registreer. Die raad doen ook 'n beroep op alle werkgewers om hul werknemers te ondersteun en toe te laat om in die komende algemene verkiesing te…
2 May 8AM 1 min

Ondangwa-handelskou bevorder streeksekonomie: Uutoni

Die 11de uitgawe van die Ondangwa-handelskou speel steeds 'n deurslaggewende rol in die ekonomiese ontwikkeling van die dorp en die hele streek, volgens stedelike en landelike ontwikkeling-minister Erastus Uutoni. Uutoni het by die opening van die skou gepraat en sê hulle bevorder ook besighede deur aan hulle 'n platform te…
2 May 8AM 1 min

Thieme gesels oor planne met Cleanergy

Cleanergy Solutions Namibia se perseel word op Walvisbaai ingewy. Deur gebruik te maak van die O&L-groep se kundigheid in hernubare energie, gekombineer met CMB.TECH se vaardigheid in die vervaardiging en toepassing van toekomstige brandstof, is Cleanergy Solutions Namibia aan die voorpunt van volhoubare energie-oplossings. Die voorsitter van die Ohlthaver en…
2 May 7AM 1 min

Saftu vra vir versterking van mediese stelsels

Die buurland se vakbondfederasie Saftu sê die regering moet die land se openbare gesondheidstelsel versterk sodat dit aan die akkreditasievereistes van die Nasionale Gesondheidsversekering voldoen. Gesondheids-instellings word landwyd negatief geraak deur besnoeiingsmaatreëls wat veroorsaak dat poste nie gevul word nie en ernstige tekorte aan fondse ontstaan. Saftu se woordvoerder, Trevor…
2 May 7AM 1 min

LEFA se aantygings moet aangespreek word

Die gewilde LEFA Transportation Services sê hy sal dalk gedwing word om toe te maak oor wat onregverdige mededinging noem. Hy beweer internasionale saamry-besighede soos Yango en InDrive is besig met onbillike sakepraktyke. Dit sluit in om pryse tot tot onvolhoubare vlakke te sny, en plaaslike entrepreneurs het nie die…
2 May 6AM 1 min