Ferrari sal in China nader wees aan Red Bull: Leclerc

--:--
Motorsport: Charles Leclerc sê Ferrari sal by die naweek se Chinese Grand Prix nader aan Red Bull wees, maar hy verwag nogtans sy geveg sal wees vir mindere plekke op die podium. Formule Een is die eerste keer in vyf jaar terug in China met 'n volgepakte program, wat Saterdag se snelren insluit. Max Verstappen en Sergio Perez van Red Bull het twee weke gelede in Japan oorheers met die eerste twee plekke, gevolg deur die Ferrari's van Carlos Sainz en Leclerc. McLaren se nuweling, Oscar Piastri, verwag sy span gaan sukkel:
18 Apr 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Lyk sonder privaatdele in hoofstad gevind

Die lyk van 'n ongeïdentifiseerde manspersoon wie se privaatdele verwyder is, is vanoggend in Otjomuise ontdek. Hoofinspekteur Katrina Naukushu, die Khomas-streek se gemeenskapspolisiëringsbeampte, het bevestig dat die lyk in 'n rivierbedding in die omgewing van die Chairman Mao Zedong High School ontdek is.
2 May 4AM 1 min

Numsa skaar hom by die Palestyne

Die metaalwerkersvakbond, Numsa veroordeel Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu en Amerika se president Joe Biden vir hul optrede in Palestina en beskuldig hulle van volksmoord. Die vakbond het sy solidariteit met die Palestyne uitgespreek ná ʼn versoek deur die Amerikaanse aktivis, Angela Davis. Hulle het ooreengekom om saam met…
2 May 4AM 1 min

Unam-studente se regte sal belemmer word

Reaksie word ontvang op die Universiteit van Namibië wat politieke aktiwiteite op al sy kampusse verbied het. Die leier van die LPM-jeugkommando, Junia Kaindjee, het vroeër die besluit beskryf as 'n belediging vir studente se regte en vryhede. Hy het bygevoeg dit is soos om petrol op die vuur van…
2 May 3AM 1 min

Cyril vol vertroue dat ANC meerderheid sal vat

Die ANC-president Cyril Ramaphosa het weereens sy vertroue uitgespreek dat die party meer as 50-persent van die stemme sal kry in die komende algemene verkiesing. Hy het gister Cosatu se hoof- Meidag-saamtrek in die Wes-Kaap toegespreek. Die jongste opname deur die marknavorsingsfirma Ipsos, wat verlede week uitgereik is, voorspel die…
2 May 3AM 1 min

Rassekwotas in eiendomsbedryf wek kommer

Die vakbond Solidariteit waarsku teen moontlike werksverliese in die eiendomsbedryf weens nuwe ras-regulasies. Volgens die vakbond vereis die regulasies ʼn vlak 8-telling vir swart ekonomiese bemagtiging en meer as 50-persent swart eienaarskap wat teen wit eiendomsagente kan diskrimineer. Solidariteit gaan die regulasies teenstaan om sy lede se werk te beskerm…
2 May 2AM 1 min