Venaani skiet nuwe hervestigingsbeleid af

--:--
Die Kabinet het 'n hersiene nasionale hervestigingsbeleid goedgekeur wat van 2023 tot 2033 geldig is. Die nuwe beleid het drie verskillende hervestigingsmodelle, naamlik die hoë-waarde, medium-waarde en lae-waarde ekonomiese modelle. Dit sluit ook 'n vrye besit-bepaling in, waarvolgens begunstigdes hul toegekende plase van die regering kan koop. Die beleid word steeds in die parlement gedebatteer. Die PDM-president, McHenry Venaani, het sy kommer oor die beleid geopper en sê daar is nie genoeg met gemeenskapslede oorleg gepleeg nie.
23 Apr 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Usakos-vergadering met boere het baie goed afgeloop

Die Erongo-polisie se vergadering Saterdag op plaas Satamab Noord in die Usakos-distrik oor stropery en veediefstal was ‘n sukses. Veediefstal en stropery is soos oral in die land, ‘n reuse-uitdaging in die Erongo-streek. Erongo-polisie se adjunk-hoofinspekteur Jeffrey /Urib sê belangrike aspekte het na vore getree.
6 May 6AM 1 min

Netumbo het 'n wenslyns, nie 'n doenlys nie

Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het groot kritiek uitgelok met haar aanmerkings oor ekonomiese onafhanklikheid. Sy het veral melding gemaak van plaaslike owerhede, ook op streek- en nasionale vlakke, om belegging te bevorder. Sy is vir 34 jaar betrokke in die Namibiese regering en steeds is daar geen nuwe beleggingsbeleid nie. Onafhanklike…
6 May 6AM 1 min

LGBT-moorde: Iemand moet iets sê

Die grusame moord op 'n lid van die LGBT-gemeenskap in Otjomuise in Windhoek het 'n herrie laat losbars oor vermeende haatmisdaad-moorde op lede van die gemeenskap. Die lyk van die 30-jarige Christof Fredricks is in 'n rivierbedding ontdek, met sy privaatdele afgesny. Aktiviste sê hierdie misdade het begin toeneem nadat…
6 May 4AM 1 min

Talle aspekte in energie-oorgang wat in ag geneem moet word

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres sê daar is baie belangrike aspekte in die oorskakeling na hernubare energie wat in ag geneem moet word. Hieronder is die manier wat kritieke minerale ontgin word, sowel as hoe derde wêreld- en arm lande bemagtig word.
6 May 4AM 1 min

Hof sal in Junie sê oor Air Namibia pakkette

Voormalige Air Namibia-werknemers sukkel ná drie-en-'n-half jaar steeds om hul finale uitbetalings te kry nadat die maatskappy in 2021 gelikwideer is. Die groep het die hof in April verlede jaar genader om die likwidateurs te dwing om hul skeidingspakkette te betaal. Kosmos 94.1 nuus het gepraat met Renier Bougaard, die…
6 May 4AM 1 min