Spoorlyn na Botswana deur TransNamib verwelkom

--:--
Die Trans-Kalahari spoorlyn, wat vanaf Botswana oor die Namibiese grens tot Walvisbaai sal strek, sal na verwagting handel en toerisme in beide lande bevorder en sal na verwagting teen 2026 klaar wees. Goedere wat vervoer gaan word, sal hoofsaaklik insluit steenkool en koper vanaf Botswana na Walvisbaai vir uitvoer, asook ingevoerde vrag vanaf Walvisbaai na Botswana, Suid-Afrika en ander nabygeleë lande. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Abigail Raubenheimer, die korporatiewe kommunikasiebestuurder by TransNamib, wat die voordele van die spoorlyn bevestig.
24 Apr 12AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Hof sal in Junie sê oor Air Namibia pakkette

Voormalige Air Namibia-werknemers sukkel ná drie-en-'n-half jaar steeds om hul finale uitbetalings te kry nadat die maatskappy in 2021 gelikwideer is. Die groep het die hof in April verlede jaar genader om die likwidateurs te dwing om hul skeidingspakkette te betaal. Kosmos 94.1 nuus het gepraat met Renier Bougaard, die…
6 May 4AM 1 min

Cele geensins gepla oor gebrekkige SAPD nie

Die DA sê sedert Bheki Cele polisieminister is, het die polisiediens minder personeel as vyf jaar gelede, die speurdiens is in ʼn gemors en onopgeloste sake word daagliks in die doofpot gestop. Die minister het in reaksie op ʼn vraag in die Parlement gesê volgens die nasionale gemiddeld het 10111-oproepsentrums…
6 May 4AM 1 min

Kindermishandeling-video: Aktivis sê dis onaanvaarbaar

‘n Video waar ‘n vrou ‘n tienermeisie fisies mishandel het oor die naweek die rondes op sosiale media gedoen. Dit is onthul dat die vrou die kind se ma is maar, dat sy probleme het met haar geestesgesondheid. Die geslagsaktivis Zack Itodo het sy teleurstelling uitgespreek en sê die tipe…
6 May 3AM 1 min

Numsa verwelkom tweejaar-loonooreenkoms

Die Metaalwerkersvakbond, Numsa, het die tweejaar-loonooreenkoms verwelkom wat in die passasiersbus-sektor bereik is. Die ooreenkoms sluit verhogings in op basiese salarisse van vyf-persent vir vanjaar en 6,5-persent volgende jaar. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die ooreenkoms wat by die Suid-Afrikaanse Padpassasier-bedingingsraad onderteken is, sluit ook in dat werkgewers op…
6 May 3AM 1 min

Marshalltown-brand: Stad Johannesburg verantwoordelik

Die Stad Johannesburg en sy entiteite is aanspreeklik vir die dood van 77 mense in die brand verlede Augustus in die Usindiso-gebou in Marshalltown. Dit is een van die aanbevelings van die oudregter in die Konstitusionele Hof, Sisi Khampepe, se verslag oor die voorval. Sy het bevind die lewensomstandighede in…
6 May 2AM 1 min