VN aanvaar verslag oor UNRWA

--:--
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het die aanbevelings aanvaar wat vervat is in 'n Onafhanklike Hersieningsgroep se verslag oor die bedrywighede van die Verenigde Nasies se hulp- en werksagentskap vir Palestynse vlugtelinge in die Nabye Ooste. Die ondersoek, onder voorsitterskap van die voormalige Franse minister van Buitelandse Sake, Catherine Colonna, is gedoen om te bepaal of UNRWA alles in sy vermoë doen om werk in die gebied te verbeter en te versterk.
24 Apr 1AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

LGBT-moorde: Iemand moet iets sê

Die grusame moord op 'n lid van die LGBT-gemeenskap in Otjomuise in Windhoek het 'n herrie laat losbars oor vermeende haatmisdaad-moorde op lede van die gemeenskap. Die lyk van die 30-jarige Christof Fredricks is in 'n rivierbedding ontdek, met sy privaatdele afgesny. Aktiviste sê hierdie misdade het begin toeneem nadat…
6 May 4AM 1 min

Talle aspekte in energie-oorgang wat in ag geneem moet word

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres sê daar is baie belangrike aspekte in die oorskakeling na hernubare energie wat in ag geneem moet word. Hieronder is die manier wat kritieke minerale ontgin word, sowel as hoe derde wêreld- en arm lande bemagtig word.
6 May 4AM 1 min

Hof sal in Junie sê oor Air Namibia pakkette

Voormalige Air Namibia-werknemers sukkel ná drie-en-'n-half jaar steeds om hul finale uitbetalings te kry nadat die maatskappy in 2021 gelikwideer is. Die groep het die hof in April verlede jaar genader om die likwidateurs te dwing om hul skeidingspakkette te betaal. Kosmos 94.1 nuus het gepraat met Renier Bougaard, die…
6 May 4AM 1 min

Cele geensins gepla oor gebrekkige SAPD nie

Die DA sê sedert Bheki Cele polisieminister is, het die polisiediens minder personeel as vyf jaar gelede, die speurdiens is in ʼn gemors en onopgeloste sake word daagliks in die doofpot gestop. Die minister het in reaksie op ʼn vraag in die Parlement gesê volgens die nasionale gemiddeld het 10111-oproepsentrums…
6 May 4AM 1 min

Kindermishandeling-video: Aktivis sê dis onaanvaarbaar

‘n Video waar ‘n vrou ‘n tienermeisie fisies mishandel het oor die naweek die rondes op sosiale media gedoen. Dit is onthul dat die vrou die kind se ma is maar, dat sy probleme het met haar geestesgesondheid. Die geslagsaktivis Zack Itodo het sy teleurstelling uitgespreek en sê die tipe…
6 May 3AM 1 min