'SA kan geweldskrisis nie langer ignoreer'

Loading player...
Die GOOD-party sê Suid-Afrika het 'n misdaad-, bende- en geweldskrisis wat gemeenskappe terroriseer. Die party sê die massaskietery by 'n taverne in die Shoba-informele nedersetting in Olievehoutbosch, Centurion, waarin vyf mense dood is, is vernietigend. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê Suid-Afrika kan nie die patroon wat na vore kom, ignoreer nie. Die massaskietery kom meestal voor in apartheidstownships waar mense gedwing word om in krot-toestande te leef:
20 Jul 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Amerika regeer Venezuela, olievelde

President Donald Trump sê Amerika sal Venezuela regeer totdat dit veilig is vir 'n oorgang na 'n nuwe regering. Die VSA het Venezuela aangeval en sy langdienende president Nicolás Maduro en sy vrou Saterdag in 'n oornagoperasie gevange geneem. Volgens 'n amptenaar van die Departement van Justisie word verwag dat…
3 Jan 10PM 1 min

Nuwe toep help met huur

'n Nuwe platform genaamd Pozi is bekendgestel om studente en gegradueerdes te verbind met veilige,bekostigbare akkommodasie, terwyl dit verhuurders help om betroubare huurders en 'n bestendige inkomste te verseker. Die toep is daarop gemik om riskante, informele huisvestingsoektogte te vervang met 'n betroubare, deursigtige stelsel wat ontwerp is om een…
3 Jan 5AM 1 min

Plofstof, ammunisie gevind by gastehuis in Benoni

Die Ekurhuleni Metropolisiedepartement se Intervensie-eenheid het plofstof en skerppunt-ammunisie by 'n gastehuis in Benoni aan Gauteng se Oos-Rand ontdek. Woordvoerder Milicent Kekana sê beamptes het op 'n wenk gereageer en saam met honde-en ander eenhede 'n houer met mortierbomme, 'n R1-handwapen en 79 skerppunt-patrone gevind. Sy sê geen arrestasies is…
3 Jan 5AM 1 min

Polisie ondersoek nootlottige vliegongeluk in Vrystaat

Die Vrystaatse polisie ondersoek 'n noodlottige ligte vliegtuigongeluk in die Ferreira-gebied. Polisiewoordvoerder Mahlomola Kareli sê beamptes is na die toneel gestuur, waar nooddienste 'n manlike vlieënier in die wrak vasgekeer gevind het. Die 45-jarige is op die toneel dood verklaar. Kareli sê die vlieënier se identiteit word weerhou totdat sy…
3 Jan 4AM 1 min

Tienerswangerskappe nasionale krisis in SA

Die Forum vir Suid-Afrika sê tienerswangerskappe het kommerwekkende vlakke bereik en moet as 'n nasionale krisis behandel word. In Mpumalanga alleen het 9 712 tieners na bewering in 2025 geboorte gegee, insluitend 'n 14-jarige op Nuwejaarsdag. Fosa-woordvoerder Tebogo Mashilompane sê die tendens moet nie genormaliseer of gevier word nie, en…
3 Jan 2AM 1 min