ANC skerm vir polisieminister

Loading player...
Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die minister van Polisie, Senzo Mchunu, is nie deur enige hof in die land skuldig bevind of aangekla nie. Mchunu is op verpligte verlof geplaas na verdoemende korrupsie-aansprake oor kriminele aktiwiteite binne die polisie deur die KwaZulu-Natalse provinsiale polisiekommissaris, Nhlahla Mkhwanazi. Mabulula sê Suid-Afrikaners moet die prosesse van die geregtelike kommissie van ondersoek wat deur president Cyril Ramaphosa, aangestel is, toelaat om sy gang te gaan:
20 Jul 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Amerika regeer Venezuela, olievelde

President Donald Trump sê Amerika sal Venezuela regeer totdat dit veilig is vir 'n oorgang na 'n nuwe regering. Die VSA het Venezuela aangeval en sy langdienende president Nicolás Maduro en sy vrou Saterdag in 'n oornagoperasie gevange geneem. Volgens 'n amptenaar van die Departement van Justisie word verwag dat…
3 Jan 10PM 1 min

Nuwe toep help met huur

'n Nuwe platform genaamd Pozi is bekendgestel om studente en gegradueerdes te verbind met veilige,bekostigbare akkommodasie, terwyl dit verhuurders help om betroubare huurders en 'n bestendige inkomste te verseker. Die toep is daarop gemik om riskante, informele huisvestingsoektogte te vervang met 'n betroubare, deursigtige stelsel wat ontwerp is om een…
3 Jan 5AM 1 min

Plofstof, ammunisie gevind by gastehuis in Benoni

Die Ekurhuleni Metropolisiedepartement se Intervensie-eenheid het plofstof en skerppunt-ammunisie by 'n gastehuis in Benoni aan Gauteng se Oos-Rand ontdek. Woordvoerder Milicent Kekana sê beamptes het op 'n wenk gereageer en saam met honde-en ander eenhede 'n houer met mortierbomme, 'n R1-handwapen en 79 skerppunt-patrone gevind. Sy sê geen arrestasies is…
3 Jan 5AM 1 min

Polisie ondersoek nootlottige vliegongeluk in Vrystaat

Die Vrystaatse polisie ondersoek 'n noodlottige ligte vliegtuigongeluk in die Ferreira-gebied. Polisiewoordvoerder Mahlomola Kareli sê beamptes is na die toneel gestuur, waar nooddienste 'n manlike vlieënier in die wrak vasgekeer gevind het. Die 45-jarige is op die toneel dood verklaar. Kareli sê die vlieënier se identiteit word weerhou totdat sy…
3 Jan 4AM 1 min

Tienerswangerskappe nasionale krisis in SA

Die Forum vir Suid-Afrika sê tienerswangerskappe het kommerwekkende vlakke bereik en moet as 'n nasionale krisis behandel word. In Mpumalanga alleen het 9 712 tieners na bewering in 2025 geboorte gegee, insluitend 'n 14-jarige op Nuwejaarsdag. Fosa-woordvoerder Tebogo Mashilompane sê die tendens moet nie genormaliseer of gevier word nie, en…
3 Jan 2AM 1 min