Groei neem skerp af in tweede kwartaal: NSA

Loading player...
Nuwe syfers van die Namibiese Statistieke-agentskap toon dat ekonomiese groei in die tweede kwartaal van 2025 tot 1,6 persent verlangsaam het, 'n skerp afname van 3,3 persent gedurende dieselfde tydperk verlede jaar. In terme van reële groei het Namibië die swakste kwartaal sedert die begin van 2021 beleef toe die land nog styf in die kloue van 'n resessie was. Die agentskap se woordvoerder Mirjam Shihepo het meer.
25 Sep 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Eksdirekteur van Steinhoff vyf jaar tronk toe

Cosatu het die skuldigbevinding van die voormalige Steinhoff-direkteur, Iwan Schelbert, deur die Pretoriase Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof verwelkom. Schelbert het skuldig gepleit op bedrog en ingestem om te getuig, waarna hy vyf jaar tronkstraf opgelê is. Die federasie sê dit is 'n langverwagte oorwinning vir werkers en pensioenarisse wat 24 miljard rand…
17 Jan 3AM 1 min

SA ekonomie groei teen slakkepas

Die regering verwelkom die Wêreldbank se verslag wat toon dat Suid-Afrika se ekonomie verlede jaar met 1,3 persent gegroei het. Die verslag skryf hierdie verbeterings toe aan meer betroubare elektrisiteitsvoorsiening, 'n sterk landbou-oes en verhoogde sakevertroue. Die bank projekteer groei van 1,4 persent vanjaar en 1,5 persent volgende jaar, hoofsaaklik…
17 Jan 2AM 1 min

Unam sit voet neer oor gr. 11's

Die Universiteit van Namibië het benadruk dat dit nie graad 11-leerders sal toelaat nie en hou vol dat voornemende studente graad 12 moet voltooi om vir toelating te kwalifiseer. Unam-woordvoerder Simon Namesho het Vrydag beklemtoon dat die gehalte van onderrig nie in die gedrang gebring sal word nie. Hy het…
17 Jan 2AM 1 min

Zuma sê WVK-voorsitter koester wrok

Die voormalige president, Jacob Zuma sê die voorsitter van die Waarheids- en Versoeningskommissie, regter Sisi Khampepe, het 'n persoonlike wrok teen hom oor sy tronkstraf van 2021. Zuma het saam met die voormalige president, Thabo Mbeki, 'n aansoek ingedien vir Khampepe se onttrekking as voorsitter van die ondersoek na vertragings…
17 Jan 12AM 1 min

Copps 94.1: Drank-, dwelmduiwel listig op Rehoboth

Die polisie op Rehoboth het ‘n bedrywige Vrydagaand agter die rug met veral drank- en dwelmverwante voorvalle wat hulle laat bontstaan het. Francois Lottering was oudergewoonte deel van die Copps 94.1-span op dié dorp en doen verslag:
16 Jan 11PM 1 min