Krieket Namibië gereed vir Proteas in nuwe tuiste

Loading player...
Opwinding bou op voor die geskiedkundige T20 Internasionale botsing op 11 Oktober tussen Namibië se FNB Eagles en Suid-Afrika se Proteas. Die wedstryd sal die splinternuwe FNB Namibië Krieketveld amptelik open. Krieket Namibië se uitvoerende hoof, Johan Muller, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat beide die span en die lokaal ten volle voorbereid is om die Proteas by die nuwe tuiste van Namibiese krieket te verwelkom.
25 Sep 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA ekonomie groei teen slakkepas

Die regering verwelkom die Wêreldbank se verslag wat toon dat Suid-Afrika se ekonomie verlede jaar met 1,3 persent gegroei het. Die verslag skryf hierdie verbeterings toe aan meer betroubare elektrisiteitsvoorsiening, 'n sterk landbou-oes en verhoogde sakevertroue. Die bank projekteer groei van 1,4 persent vanjaar en 1,5 persent volgende jaar, hoofsaaklik…
17 Jan 2AM 1 min

Unam sit voet neer oor gr. 11's

Die Universiteit van Namibië het benadruk dat dit nie graad 11-leerders sal toelaat nie en hou vol dat voornemende studente graad 12 moet voltooi om vir toelating te kwalifiseer. Unam-woordvoerder Simon Namesho het Vrydag beklemtoon dat die gehalte van onderrig nie in die gedrang gebring sal word nie. Hy het…
17 Jan 2AM 1 min

Zuma sê WVK-voorsitter koester wrok

Die voormalige president, Jacob Zuma sê die voorsitter van die Waarheids- en Versoeningskommissie, regter Sisi Khampepe, het 'n persoonlike wrok teen hom oor sy tronkstraf van 2021. Zuma het saam met die voormalige president, Thabo Mbeki, 'n aansoek ingedien vir Khampepe se onttrekking as voorsitter van die ondersoek na vertragings…
17 Jan 12AM 1 min

Copps 94.1: Drank-, dwelmduiwel listig op Rehoboth

Die polisie op Rehoboth het ‘n bedrywige Vrydagaand agter die rug met veral drank- en dwelmverwante voorvalle wat hulle laat bontstaan het. Francois Lottering was oudergewoonte deel van die Copps 94.1-span op dié dorp en doen verslag:
16 Jan 11PM 1 min