
Polisie las klopjag ná massaskietvoorval in Pretoria
Loading player...
Die polisie het 'n klopjag na drie verdagtes van stapel gestuur na die moord op elf mense by 'n sjebien die Saulsville Hostel in Atteridgeville, in die weste van Pretoria. Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die verdagtes het Saterdagoggend by die kuierplek aangekom en lukraak begin skiet. 'n Totaal van 25 mense is geskiet, tien is op die toneel dood en een slagoffer is later in die hospitaal oorlede. Sy sê drie jong kinders van tussen drie en 16 jaar is onder die oorledenes:

