
Namibiese jagluipers floreer in Indië, sê hoë kommissaris
Loading player...
Indië se hoë kommissaris in Namibië, Rahul Shrivastava, sê die integrasie van Namibiese jagluiperds in die land vorder goed. Indië se jagluiperds uit Namibië sluit nou ‘n derde generasie welpies in en daar is in totaal 17 van dié katte van Namibiese herkoms in die land. Shrivastava het Vrydag in Windhoek tydens die viering van Internasionale Jagluiperddag die nuus gedeel.

