
Mediadekking by Madlanga-kommissie hersien
Loading player...
Die minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê haar departement hersien mediadekking by die Madlanga-kommissie na die moord op Marius “Vlam” van der Merwe, bekend as Getuie D, in Brakpan, Ekurhuleni, Vrydagaand. Kubayi het tydens die media-inligtingsessie gepraat oor die vordering wat gemaak is in haar eerste jaar in die amp in Pretoria. Die minister sê van der Merwe is beskerming aangebied, wat hy van die hand gewys het, omdat hy gedink het hy het dit nie nodig nie, aangesien hy 'n sekuriteitsmaatskappy bestuur het:

