
Norris vat F1-bestuurderstitel
Loading player...
McLaren-renjaer Lando Norris het sy eerste Formule Een-bestuurderstitel opgeraap toe hy derde geëindig het in die seisoen se laaste wedren by die Abu Dhabi Grand Prix. Die 26-jarige renjaer is die eerste McLaren-wêreldkampioen in 17 jaar en die elfde Britse renjaer wat die kroon dra. Max Verstappen van Red Bull het die wedren gewen en spog met sy agste oorwinning van die seisoen, terwyl Norris se spanmaat Oscar Piastri tweede klaargemaak het. Norris sê dis wonderlik dat sy droom om die kampioenskap ná ʼn lang, taai seisoen te wen, waar geword het:

