
Sal VSA Groenland inval? Nee wat, sê analis
Loading player...
Terwyl die Trump-administrasie voortgaan met uitsprake oor Groenland, wat volgens hulle nodig is vir Amerika se sekuriteit, blyk daar nie 'n gevaar te wees dat die VSA Groenland sal inval nie. Die New York Times se senior korrespondent in Brittanje, Michael Shear, het met SkyNews se Wilfred Frost gepraat, en sê Amerika is waarskynlik ernstig om Groenland te bekom. Die dreigement van militêre optrede is egter dalk net om as hefboom te gebruik in enige onderhandelinge. Luister self.

